Hoerskool Ellisras
Alumni

Derde cum laude vir oud Rassie

sports

Jané McAlpine, née Peens, behaal haar Meestersgraad in Chemiese Ingenieurswese met lof aan die Universiteit van Pretoria met haar verhandeling getiteld: “Pb(II)-Removal from water using micro-organisms naturally evolved to tolerate Pb(II)-toxicity”. Jané het in 2012 by Hoërskool Ellisras gematrikuleer, met die aanvang van haar studies aan die Universiteit van Pretoria in 2013. Sy het haar Chemiese Ingenieurswese graad in 2016 en haar Honneurs in Chemiese Ingenieurswese in 2017 voltooi, beide met lof. Sy vestig haar tans in Ellisras waar sy by Exxaro Grootegeluk myn werk. Jané is dankbaar vir die beurse vanaf Exxaro wat dit moontlik gemaak het om te studeer en skryf alle sukses aan die Here toe vir geleenthede, talente en genade.

Oudleerders EHS verwerf Meestersgrade

Drie Oud-leerders van Hoërskool Ellisras (matriek 2012) het onlangs hulle Meestersgrade by die NWU ontvang.

Franciska de Beer het haar meesters gedoen in Pharmaseutiese Chemie en met onderskeiding geslaag. Haar Meesters was getiteld: “Evaluation of selected dye compounds as inhibitors of monoamine oxidase” en haar studieleiers was Professors A en JP Petzer. Franciska is een van 5 studente in hierdie Pharmaseutiese rigting. Sy werk tans haar intern aptekersjaar in Pretoria.

Sarika du Plessis verwerf haar meesters in Farmaseutika en haar skripsie is getiteld: “The effects of selected supplements on drug intestinal epithelial permeation”. Haar studieleiers was Prof JD Steyn en JH Hamman. Sarika is een van 15 studente in hierdie Pharmaseutiese rigting. Sarika is ook tans besig met haar intern aptekersjaar.

William Shaw verwerf sy Meestersgraad in Meganiese Ingenieurswese. Sy skripsie is getiteld: ‘Analysing mine energy management considering utility demand.’ Sy studieleier was Dr JH Marais. William was een van 19 studente in hierdie rigting. William is tans werksaam in Pretoria.