Hoerskool Ellisras
Atletiek / Athletics

AGT atlete gekwalifiseer vir SA’s

Ellisras Hoërskool is SO trots op hulle AGT atlete wat gekwalifiseer het om aan SA’s deel te neem!

Atlete
Foto vlnr: Nachelle Beetge, Christi Kaiser, Christelle van der Merwe, Bianca Nel, Conrad Prinsloo, Tokkie de Beer, Jadrin van Blerk, Tshepang Dankuru.

Streeksatletiek

Streeksatletiek
Vlnr Tokkie de Beer, Nachelle Beetge, Ann-Lee Engelbrecht, Christi Kaiser, Christelle van der Merwe, Rina Molebatsi, Bianca Nel, Jandri Venter, Aleyneh Pienaar, Ewald Botha

Die rede vir die kleurvolle skooldrag is die geesvang voor interhoër

EHS Atlete Presteer

Vrydag 25 Januarie vertrek Hoërskool Ellisras se atlete om deel te neem aan ‘n prestige atletiekbyeenkoms in Polokwane op Hoërskool Pietersburg  se bane. Deelnemende skole was PHS, Merensky Piet Potgieter, Tom Naude, Northern Academy en die Rassies.

Die Rassies het almal verstom! Niel Smit  s o/14 word aangewys as die Junior Victor Ludorm en wen ook ‘n medalje vir die beste velditem van die dag. Hy gooi die diskus ‘n volle 43.91m.

Conrad Prinsloo s o/19 breek die gewigstootrekord van 2004 met ‘n allemintige poging van 15.07m wat ook sy persoonlike beste is.

Interhuis 2019
vlnr Conrad, Mnr Joubert en Niel.

EHS Sweet van plesier!

Hoërskool Ellisras se huissport het Vrydag 11 Januarie in bloedige hitte plaasgevind. Desnieteenstaande het 11 rekords gespat! Een van hulle ‘n rekord van 1991: Bianca Nel se 200m het die rekord verbeter van T Minaar 26.60s na 24.60s.

Ewald Botha het sommer drie rekords verbeter, Bianca Nel en Nachelle Beetge verbeter elk twee rekords!

Die dag het spannende atletiek opgelewer soos die hoogspring s 0/14! Jadrin van Blerk en Tsepang Dankuru het altwee geeindig met 1.60m wat vir beide 865 ASA punte verdien het. Dit was duidelik dat atlete geswoeg en sweet het reg deur die vakansie om uitstekende resultate te bereik.

Die pawiljoene was pragtige versier en die gees aansteeklik, sodanig dat die hoof op aanvraag van die leerders vir ‘n tweede keer sy “hoenderdans” met hulle gedoen het!

Dit was weer eens ‘n riem onder die hart om te sien hoe ouers en vriende hulle geliefdes met entoesiasme aanmoedig en ondersteun.

EHS se uitblinkers volgens die ASA table is:

Meisies top prestasies volgens ASA

1. Nel Bianca d 0/17 200m 24.60 ASA 937
2. Vd merwe Christelle d 0/15 verspring 4.90m ASA 832
3. Molebatsi Lebogang d 0/ 14 verspring 4.65m ASA 807
4. Vd Merwe Christelle d 0/15 100m 13.10 ASA 794
5. Beetge Nachelle d 0/16 100m 12.90 ASA 791
6. Potgieter Daney d 0/ 16 gewigstoot 11.31m ASA 787
7. Beetge Nachelle d 0/16 200m 27.00 ASA 754
8. Nel Bianca d 0/17 400m 59.80 ASA 755
9. Kaiser Christi d 0/14 100m 13.40 ASA 739
10. Molebatsi Rinah d 0/14 100m – 13.60 ASA 738
11. Vd Merwe Christelle d 0/15 200m 27.60 ASA 739
12. Pienaar Aleyneh d 0/14 hoogspring 1.30 ASA 717
13. Beetge Nachelle d 0/16 400m 1.02. 10 ASA 712
Seuns top prestasies volgens ASA punte 1. Botha Ewald s 0/14 200m 24.20 ASA 930
2. Smit Niel s 0/ 14 verspring 5.35m ASA 895
3. Van Blerk Jadrin s o/ 14 hoogspring 1.60m ASA 865
4. Dankuru Tspang s 0/14 hoogspring 1.60m ASA 865
5. Vosloo Ruben s 0/15 100m 11.60 ASA 846
6. Botha Ewald s 0/14 100m 11.90 ASA 863
7. Smit Niel s 0/14 diskus 38.50m ASA 854
8. Ruben Vosloo s 0/15 200m 23.80 ASA 828
9. Jan du Plessis s 0/16 200m 23.90 ASA 818
10. Du Plessis Jan s 0/16 100m 11.60 ASA 785
11. Snyman Nico s 0/19 400m 50.60 ASA 767
12. Du Plessis Jan s 0/16 400m hekkies ASA 760
13. Snyman Nico s 0/19 100m 11.30 ASA 756
14. Du Preez Dries s 0/16 Diskus 40.32m ASA 754
15. De Beer Tokkie s 0/17 100m 11.50 ASA 751
16. De Beer Tokkie s 0/17 110 hekkies 15.00 ASA 746
17. Du Plessis Jan s 0/16 110 hekkies 15.70 ASA 743
18. De Beer Tokkie s 0/17 200m 23.80 ASA 740
19. Snyman Nico s 0/19 200m 23.20 ASA 732
20. Du Preez Dries s 0/16 Spiesgooi 48.97m ASA 731
21. Geldenhuys Divan s 0/19 verspring 6.19m 726
22. Prinsloo Conrad s 0/19 14.28m ASA 723
23. Vosloo Ruben s 0/15 verspring 5.30m ASA 721
24. Ledwaba Koketso s 0/ 15 hoogspring 1.50m ASA 708
25. Higgo Estiaan s 0/16 hoogspring 1.60m ASA 704
26. Du Preez Dries s /16 gewigstoot 12.65m ASA 702

Na ‘n hoogs geslaagde byeenkoms het die hoof Mnr. Adriaan Joubert die trofeë uitgedeel aan wel verdiende atlete.

Interhuis 2019 Interhuis 2019

Rassie Rhino Atletiek

Donderdag 20 September het Hoërskool Ellisras ‘n nuwe tradisie begin: Rassie Rhino Atletiek! Dit het die vorm van ‘n middag- aand atletiekbyeenkoms aangeneem.

Dit het bestaan uit ongewone items soos 60m, 150m, 300m, 600m, 100m, 60m hekkies en 200m hekkies. Medaljes is vrylik uitgedeel. Top atlete van omliggende skole is ook genooi asook Tom Naude van Polokwane. Die gees was elektries, veral met die kampioen van kampioene item. Al die baanwenners het teen mekaar deelgeneem. Die pawiljoen het heelhartig aangemoedig! Oud leerlinge en vriende van die skool het ook kom hallo sê soos Loutjie Steenekamp en Corman Vos, albei oud hoofseuns.

Teen die einde van die byeenkoms is verskeie toekennings gemaak en atlete kon die trofees huis toe neem. Beste dogters hekkies is gewen deur Lebogang Molebotsi vir haar 200m hekkies item. Hierdie atleet is 0/13! Beste seuns hekkies is Jan du Plessis vir sy hekkies item en hy is 0/15! Beste veld item dogters is Christel vd Merwe vir haar verspring en sy is 0/14. Beste veld-item seuns is Neil Smit met diskus en hy is 0/13. Beste baan item is Elanè Erasmus vir haar 150m. En sy is 0/13. Beste baan item seuns is Ewald Botha met sy 150m s/ 13.

Die dogters kampioen van Kampioene item is gewen deur Lebogang Molebotsi (gelykstaande aan Victrix Ludorm) en seun is Dries du Preez (gelykstaande aan Victor Ludorm).

Atleet van die dag dogters is Nachelle Beetge en beste seun is Eduaniq Harmse.

Die hoogtepunt van die dag was toe die hoof, mnr Adriaan Joubert, ontslae raak van sy baadjie, das, dasspeld en skoene en in die aflos na die wenpaal hardloop vir die onderwysersspan – ‘n hond uit ‘m bos!

Volgende jaar doen ons weer so!
Rhino Atletiek
Hoof Hol!
Rhino Atletiek
Christian Young oorhandig hoof se medalje met sy suksesvolle poging!
Interhoër / Interhigh

Hoërskool Ellisras 2019 Interhoër wenners!

Hoofde by Interhoër

Geseënd en genade is die woorde wat Hoërskool Ellisras in 2019 beskryf! Interhoër Saterdag 23 Februarie 2019 in Warmbad was nie vir sussies nie.

Die hele dag het Frikkie Meyer voorgeloop met Ellisras en Ben Viljoen kort op mekaar se hakke. Die atmosfeer was gelaai! Die atletiek was van hoogstaande gehalte wat hare laat rys het en hoendervleis gee. Die laaste items was die kort afstande en die aflosse. Ellisras se atlete het gehardloop soos nog nooit tevore, geinspireer deur die hoof Mnr Adriaan Joubert, om die eerste plek te behaal.

Toe die aankondiger die finale tellings lees het hy begin by die sewende plek, Hans Strijdom, sesde Warmbad, vyfde Nylstroom, vierde Piet Potgieter met ‘n telling van 589, derde was Ben Viljoen met 607. En toe sê die aankondiger die eerste twee plekke was ‘n titaniese stryd. En die wenner van 2019 se Interhoër is – stilte - Hoërskool Ellisras! Die leerders en sangers en ouers het gestroom om in een groep bymekaar te kom op die veld om uitbundig uiting aan hulle vreugd te gee. Vir die tweede keer moes Frikkie Meyer tevrede wees om deur Ellisras geklop te word! Hulle het 638 punte behaal en Ellisras het oortuigende gewen met 663. Wat ‘n wonderlike gevoel, want die laaste keer wat Ellisras gewen het was in 2005.

Hoërskool Ellisras se atlete het hulle alles gegee. Tydens die prysuitdeling het Jadrin van Blerk die trofee ontvang vir die beste veld item. Hy het deelgeneem aan hoogspring o/14 en ‘n welverdiende eerste plek behaal. Kobi Erasmus wen die trofee vir die beste baan item: 400m hekkies d o/17 en breek sommer die rekord ook! Die rekord was 1.05:80s (2011) en die nuwe rekord is ‘n allemintage 61.08s! Bianca Nel d o/17 breek ook ‘n rekord: 200m. Ellisras se seuns is eerste en die dogters tweede. Dogters o/17 en s o/16 was ook eerste met die aflos. Ellisras se dirigente aflos het onder luide toejuiging tweede gekom: Leandri van Deventer, GP du Preez, Anneke Rossouw en Steven Verwey.

Rina Molebatsi g u/14 won 4 silver medals for 90m hurdles, long jump, 300m hurdles and the u/14 girls came second in the relay. Tshepang Dankuru b u/14 came second in the high jump and silver for relay. Niel Smit s o/14 wen goud vir diskus en verspring, silwer vir spiesgooi en ook silwer vir die aflos. Mohau Tswidi b u/14 won two silver medals for 300m hurdles and the relay. Nardo Croukamp s o/14 wen silwer vir diskus. Ewald Botha s o/14 wen DRIE goue medaljes: 100m 200m 400m en silwer vir die aflos. (Hy was baie siek die week voor interhoër en het sy beste gegee!)

Ruben Vosloo s o/15 kom eerste in 100m. Thikhedzo Mulaudzi b u/15 came second in 100m hurdles. Christi Kaiser d o/15 het die 400m blitsvinnig kafgedrag vir ‘n eerste plek en ook goud vir die aflos. Christelle van der Merwe d 0/15 wen goud vir 100m, 200m en verspring silwer. Die o/15 dogters kry goud vir hulle aflos. Ann-Lee Engelbrecht kom eerste in die 800m en kry ook goud vir die aflos.

Daney Pogieter wen gewigstoot d o/16 en kom tweede met diskus. Dries du Preez s o/16 wen twee goue medaljes vir spiesgooi en diskus en kom tweede in gewigstoot. S o/16 se aflos wen goud: Hardus Smit, Gerhard Moller, Estiaan Higgo en Jan du Plessis. Jan du Plessis wen 400m hekkies en kom tweede in die 100 en 200m. Nachelle Beetge d o/16 wen twee goud vir 400m hekkies en 400m en behaal silwer vir 200.

Tokkie de Beer s o/17 wen twee goud vir 110m hekkies, 400m hekkies en behaal silwer vir 400m. Bianca Nel d o/17 wen drie goue medaljes en breek ‘n rekord! Sy wen goud vir 100m, 400m en breek die rekord in die 200m! Rickus Ellis s o/17 behaal goud vir hoogspring. JP van Staden s o/17 wen goud vir spiesgooi en Jandri Venter d o/17 wen goud ook vir spiesgooi!

Tumelo Ngoepe g u/19 came second in 100m hurdles. Mosebudi Matsoma g u/19 won two silver medals for 100m and long jump. Nico Snyman s o/19 wen goud vir 400m en kom tweede in 200m. Conrad Prinsloo s o/19 kom eerste in diskus en tweede in gewigstoot. Montshiwa Selby came second in 800m. Stefanie Heystek d o/19 wen goud vir diskus. Kobi Erasmus d o/19 met spanmaats Bianca Nel, Murangi Sithari and Mia kom eerste in aflos d o/19.

Dis eenvoudig net ongelooflik! Te wonderlik om te beskryf. Baie dankie aan al die atlete, afrigters en ouers wat ver agter hulle kinders aanry. Dankie ook aan die onderwysers vir hulle toewyding en lang ure se bustoesig! Mag die Rassies van krag tot krag gaan!