Hoerskool Ellisras
Bergfiets / Mountain Biking

EHS Fietsry 23/02/2019

Saterdag het Hoërskool Ellisras se fietsryers deelgeneem aan die Limpopo Marathon (Makhulu 5) in Pietersburg.
Van die Junior Meisies was Anika eerste met die 15km resies. Van die Junior Seuns (17-18 jaar) was Menno Glas tweede van 223 deelnemers en Zander Higgo vierde.

Van die Youth Boys (15-16 jaar) was Janco von Ronge vierde, Jaco-Hein Botes tiende en Niandrè van Zyl agtiende.

Bergfiets

Speke sing by Tour de Maroela

MET VERGUNNING: MOGOL POS Ria Wells

LEPHALALE — Die vierde en finale rondte van die Limpopo-bergfietsliga (Tour de Maroela) is Saterdag 15 September op ʼn baie warm dag by Hoërskool Ellisras gery en die speke het behoorlik gesing. Dit was die eerste keer dat dié kompetisie in Lephalale aangebied word. Stanley Thompson, wat as aankondiger opgetree het, het Menno Glas en sy helpers asook mnr Adriaan Joubert, skoolhoof, spesiaal bedank vir die uitdagende 5,3 km baan vir hoërskoolkinders en 3 km vir laerskoolkinders met verskeie hindernisse wat uitgelê is.

Die vorige ligarondes was gehou by Hoërskool Merensky (Tour de Plaas), Hoërskool Pietersburg (Tour de Polokwane) en Stanford Lake College (Tour de Lake).

Die nasionale interskolefinaal word in Oktober by Hoërskool Bekker in Magaliesburg gehou. Alhoewel skole van Lephalale nie deurgedring het na die skolefinalebyeenkoms toe nie, was die dorp se hoër- en laerskoolleerders uitstekend verteenwoordig met 75 deelnemers.

Uitblinkers (top-10-deelnemers) van Lephalale was:
Daniel de Klerk (1e “sub nippers”), PG Steenekamp (9e “sub nippers”), Isabel du Plessis (5e “sub nippers”), Janli Bester (6e “sub nippers”), Ninke de Klerk (1e “nippers”), Inge von Rönge (4e “nippers”), Mikayla Bester (7e “nippers”), Albert von Rönge (4e “sprogs”), Clifton Classen (9e “sprogs”), Micaela Schoeman (7e “sprogs”), Jaco-Hein Botes (5e sub-junior), Simoné Steenekamp (4e sub-junior), Anika de Klerk (9e jeug), Menno Glas (7e junior seuns), Xander Higgo (9e junior seuns), Henja Glas (7e junior dogters).

Hoërskool Ellisras eindig derde in die byeenkoms en was aan die einde van die reeks in ʼn sesde plek uit 15 hoërskole. Laerskool Bosveld Primary eindig sesde en Laerskool Ellisras eindig 14e uit 23 laerskole aan die einde van die reeks.

Bergfietsry as ʼn skolesport het die afgelope jare baie toegeneem en dit is deesdae een van die meer gewilde sportsoorte. Skole van regoor die land neem jaarliks deel aan die Spur MTB-liga. Johan van Dijkhorst en Stanley Thompson, as bestuurders, het vyf jaar gelede met slegs 45 ryers met bergfietsry in Limpopo begin en dit het so gegroei dat daar tans ongeveer 400 ryers uit 38 skole aan die Limpopoliga deelneem!

Tour de Lake

EHS het Saterdag, 1 September aan die 3e Spur Liga by Stanford Lake College (Tour de Lake) deelgeneem. Die uitslae was as volg:

Sub-Junior Boys: 15 Jaco-Hein Botes
24 Robbie de Klerk
25 Peet Botha
49 Jandrè Stanz
Youth Boys: 15 Janco van Ronge
Junior men: 5 Menno Glas
8 Xander Higgo
21 Blessing Obakeng

EHS is tans 7e uit 14 skole en slegs 4 punte na Hoërskool Piet Potgieter.

Die volgende byeenkoms is Tour de Maroela @ EHS, 15 September. Die Limpopo-span word dan aangekondig, asook watter skole kwalifiseer vir die nasionale kampioenskap by Hoërskool Bekker gedurende die Oktobervakansie. EHS het `n kans om te kwalifiseer indien ons Hoërskool Piet Potgieter kan wen. Alle Rassies wat `n fiets het moet kom deelneem. Elkeen wat deelneem kan `n punt vir die skool verdien.

Tour de Polokwane

Die skool lê op hierdie stadium 7e en `n kans om Bekker toe te gaan!

Sub-Junior Boys: 17 Peet Botha
24 Jaco-Hein Botes
42 Jandre Stanz
Youth Boys: 14 Janco van Ronge
Junior men: 5 Menno Glas
8 Xander Higgo
21 Blessing Obakeng
Youth Girls: 6 Anika de Klerk

Spur-skole MTB reeks

EHS se MTB-span het Saterdag 18 Augustus aan die 2de wedren in die Spur-skole MTB reeks deelgeneem.  Al die spanlede het hul goed van hul taak gekwyt en Janco Vöön Ronge behaal ‘n 13de-, Xander Higgo ‘n 8ste- en Menno Glas ‘n 5de posisie. Hou Hoërsool Ellisras se MTB span dop. Hier kom groot dinge!

Bergfiets