Hoerskool Ellisras
Debat / Debate

ATKV-kompetisie

In Mei het 2 junior-en 2 seniorspanne aan die eerste ronde van die ATKV-kompetisie by Hoërskool Hans Strijdom deelgeneem. Die juniors se onderwerp het gehandel oor suikerbelasting en die seniors het gedebatteer oor die betrokkenheid van die burgerlike samelewing in ‘n verswakte staat. Geluk aan die leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het : Leandri van Deventer, Nathalie Perrier, Janco Lotter en Tiaan Malan (seniors) en Christi Kaiser, Branden Perrier, Christine Loubser, Eloisa Barkhuizen, Marizaan Moore en Teresa Derksen (juniors).