Hoërskool Ellisras se golf-span eindig derde tydens die Interhoër in Warmbad 30 Julie 2019.
Vrydag 10 Mei het Hoërskool Ellisras se A gholfspan gespeel in die Limpopo skole-finaal Noord en Suidstreke en behoorlik gewys wie is die wenners! Die A-span het sake uitgespook teen PHS, Piet Potgieter, Ben VIljoen en Heuwelkruin op Euphoria gholfbaan naby Potties. Die A-span se spelers was Divan Geldenhuys, Janco Lotter, Christian Young en Ruan Mostert.
Die C-span het as naas-wenners geeindig en hulle spanlede was Hendri Reynecke, Henrico Gouws, Gerhard Booysen en Marnus v Rooyen. Hulle het meegeding teen Frans du Toit, PHS en Piet Potgieter.
ie A-span neem volgende deel in ‘n provinsiale kompetisie op 22 September. Ons is verseker hulle sal hulle beste gee vir Hoërskool Ellisras!