Hoerskool Ellisras
Groentjies

Groentjiekonsert 2019

Dinsdagmiddag 4 Februarie en Woensdagaand 5 Februarie het Hoërskool Ellisras se gr 8 leerders Groentjieskonsert gehou. Hierna mag hulle Rassie skooldrag aantrek, want die Assies het Rassies geword.

Die konsert is geskryf deur Roelien van Vuuren, gr 12 Rassie. Dit handel oor gr 8 leerders wat met ‘n siekte gediagnoseer word en op ‘n kamp moet gaan om genees te word van Assie tot Rassie. Soos altyd geniet die leerders hulself gate uit! Mens kan sommer sien wie vir die verhoog gemaak is!

Hoërskool Ellisras het baie talentvolle leerders!

Groentjieskonsert

Groentjiekonsert 2018

Hoërskool Ellisras se skoolsaal was verlede week stampvol gepak met mense wat gaan kyk het na die Nuwelingekonsert (graad 8’s), geskryf deur Marnique Gadda, bygestaan deur Lara van Vuuren.

Die hoofkarakters was Karabo Rabodiba, die ma van ’n tweeling, Bertha (Denika Rossouw) en Bertus (Robbie de Klerk). Danielle (Shanè Greef) is Bertha se vriendin. Die rissiepit van die verhaal, Nita, is vertolk deur Nicole Nel. Dawid is vertolk deur Reinhardt Pretorius wat dit in die konsert duidelik maak dat hy twee meisies wil hê, want twee tjoklits is beter as een. Die karaktervertolking was uitstekend.

Volgens een van die organiseerders is ‘n “Groentjiekonsert”, of soos dit vandag genoem word, ʼn “Nuwelingekonsert”, veronderstel om chaoties te wees omdat daar so kort tyd afgestaan word aan die voorbereiding, maar sy was verstom oor die eindproduk wat op die planke gebring is.

Sy sê ook die gehoor was wonderlik en ván hulle het luidkeels saamgesing en vir al die grappies gelag.

Erik van der Walt, kultuurvoorsitter, het na afloop van die vertoning die ouers bedank vir hulle geduld met die oefening vir die konsert sowel as die Rassieraad wat elke middag na skool moes bly om saam met hulle groepe te oefen.

Erik het die “Assies” wat intussen “Rassies” geword het, bedank vir hulle entoesiasme en wonderlike gees waarmee hulle deel geword het van hulle nuwe skool.

Groentjieskonsert
Groentjieskonsert