Hoerskool Ellisras
Uit die Hoof se kantoor / From the office of the Headmaster

Mnr. Adriaan Joubert al twee jaar ‘n betrokke hoof wat ‘n verskil maak!


Op 5 Maart 2020 was Mnr. Joubert reeds twee jaar aan die stuur van sake by Hoërskool Ellisras.
Mnr. Joubert het met die intrapslag genoem dat sy groot doelwit is om te sien dat Hoërskool Ellisras op alle terreine die top-kompeterende skool in Limpopo word. Dit sluit akademie, sport en kultuur in. In 2020 is dit dus duidelik dat die doelwit bewaarheid word met die wen van die Bosveld Interhoër vir die tweede opeenvolgende jaar, asook die puik akademiese uitslae van 2019.

Mnr. Joubert beskou die onderwys as 'n opbouende beroep waar 'n verskil in mense se lewens gemaak kan word en hy is bekend daarvoor om daagliks ‘n verskil by die Rassies te maak.

Vir hom is balans noodsaaklik in alles wat 'n mens aanpak. Hy sal graag wil sien dat Hoërskool Ellisras se leerders gebalanseerde mense is wat deelneem aan alle aktiwiteite.

Mr. Adriaan Joubert – an involved principal who makes a difference!


On March 5, 2020, Mr. Joubert has been taken the lead for two years at Hoërskool Ellisras
. From the start Mr. Joubert’s main aim was to see to it that Hoërskool Ellisras become the top competitive school in Limpopo. This includes academia, sport and culture. By 2020, it is clear that the goal is being achieved by winning the Bosveld Inter High for the second consecutive year, as well as the excellent academic results of 2019.

Education is Mr. Joubert's passion. He sees the school environment as one where positivity reigns and where lives are touched. He is known for making a difference at the Rassies every day.
He believes that one should lead a balanced life and would like to see learners taking part in extramural activities.

Hoof
Hoof