Hoerskool Ellisras
Interhoër / Interhigh

Interhoër wenners 2020

Inter High 2020

Euforie! Dit is die woord wat Hoërskool Ellisras beskryf toe hulle die 57ste Bosveld atletiek interhoër 2020 wen Saterdag 29 Februarie in Nylstroom!

Die eindtellings was SO na aan mekaar, maar Hoërskool Ellisras het loshande uitgestyg met ’n puntetotaal van 653. Hoërskool Piet Potgieter en Frikkie Meyer het gelykop tweede geëindig met 637, Ben Viljoen 633, Nylstroom 499, Hans Strijdom 490 en Warmbad 377. Die Rassies wen 31 goue medaljes, 27 silwer en 14 brons.

“Gold medals aren’t really made of gold. They’re made of sweat, determination and a very scarce alloy, called guts.“ Die volgende atlete wen 3 goue medaljes: Bianca Nel d o/19 100m 12.20s 845 ASA, 200m 25.50s 799 ASA en 400m 58.50s 762 ASA. Mushi Kamogelo b u/ 14 800m 2.14.70s 792 ASA, 1500m 4.33.80s 834 ASA and 3000m b u 17 9.54.70s 593 ASA.

Die volgende atlete wen twee goues: Ruben Vosloo s o/16 100m 10.90s 940 ASA en 200m 22.80s 936 ASA. Christi Kaiser d o/16 wen 200m 26.50s 795 ASA en 400m 1.00.10s 789 ASA. Mianke Kukard d 0/15 400m 1.07.40s 585 ASA en 800m 2.36.00s 610 ASA. Jan du Plessis s o/17 wen 400m 51.90s 790 ASA en 400m hekkies 56.80s 796 ASA. Samuel Mokono b u/15 800m 2.10.60s 799 ASA and 1500m 4.34.90s 738 ASA. Emelia Higgo d o/14 gewigsstoot 10.02m 693 ASA en diskus 28.01m 791 ASA. Nardo Craukamp s o/15 gewigstoot 12.38m 698 ASA en diskus 44.38m 855 ASA. Ann-Lee Engelbrecht d o/16 800m 2.29.70s 688 ASA en 1500m 05.34.63s 502 ASA.

Die volgende atlete bring elkeen ‘n goue huis toe: Tia Oakes g u/14 100m 12.80s 886 ASA, Tamia Oakes g u/14 200m 26.90s 865 ASA, Selby Montshiwa b u/ 19 400m 51.70s 709 ASA, Tsepang Dankuru b u/15 high jump 1.85m 1000 ASA! Reon Naude b u/14 javelin 48.96m 875 ASA. Jandri Venter d o/19 spiesgooi 34.37m 596 ASA.

Die volgende aflosse het ook gewen: d o/14, d o/16, d o/19. Die Rassies dogters behaal die hoogste punte vir aflosse, Ben Viljoen is tweede, derde is Piet Potgieter en vierde is Hans Strijdom en Frikkie Meyer.

Wat die seuns / dogters totale aanbetref is Hoërskool Ellisras se seunstotaal die hoogste met 333. Die dogterstotaal word deur Ben Viljoen gewen met 338 en Ellisras tweede met 320 en Piet Pot derde met 313.

Een ding staan soos ‘n paal bo water. Elke atleet het 110% gegee. Daar waar atlete beseer geraak het, het reserwes ingespring en hulle beste gegee vir deelname. Hierdie wen is verseker ‘n spanpoging.

Wat die wen so besonders gemaak het, is die Rassie-gees! Dit was kookwater. Die aankondiging van die wenskole aan die einde van die dag was nie vir swakhartiges nie. Die aankondiger het by die sewende plek begin tot die drie laaste skole oorgebly het. Frikkie Meyer, Piet Potgieter en Ellisras. Die Frikkies en Potties was verslae toe hulle hoor hulle deel die tweede plek en toe gaan die Rassies beserk. Om WEER die wenners te wees van hierdie gesogte kompetisie is byna onwerklik.

Hoërskool Ellisras bedank al die ouers wat kilometers agter hulle kinders aangery het vir menige byeenkomste, baie dankie aan al die afrigters wat elke atleet soos ‘n eie kind behandel het! Dankie baie dankie aan die onderwysers wat skool weer eerste gestel het! Baie dankie aan al die instansies wat die dorp se trots sterkte toegewens het met die inter!

Hoërskool Ellisras is ontsettend dank verskuldig aan die Hemelse Vader vir groot seëninge!

Hoërskool Ellisras 2019 Interhoër wenners!

Hoofde by Interhoër

Geseënd en genade is die woorde wat Hoërskool Ellisras in 2019 beskryf! Interhoër Saterdag 23 Februarie 2019 in Warmbad was nie vir sussies nie.

Die hele dag het Frikkie Meyer voorgeloop met Ellisras en Ben Viljoen kort op mekaar se hakke. Die atmosfeer was gelaai! Die atletiek was van hoogstaande gehalte wat hare laat rys het en hoendervleis gee. Die laaste items was die kort afstande en die aflosse. Ellisras se atlete het gehardloop soos nog nooit tevore, geinspireer deur die hoof Mnr Adriaan Joubert, om die eerste plek te behaal.

Toe die aankondiger die finale tellings lees het hy begin by die sewende plek, Hans Strijdom, sesde Warmbad, vyfde Nylstroom, vierde Piet Potgieter met ‘n telling van 589, derde was Ben Viljoen met 607. En toe sê die aankondiger die eerste twee plekke was ‘n titaniese stryd. En die wenner van 2019 se Interhoër is – stilte - Hoërskool Ellisras! Die leerders en sangers en ouers het gestroom om in een groep bymekaar te kom op die veld om uitbundig uiting aan hulle vreugd te gee. Vir die tweede keer moes Frikkie Meyer tevrede wees om deur Ellisras geklop te word! Hulle het 638 punte behaal en Ellisras het oortuigende gewen met 663. Wat ‘n wonderlike gevoel, want die laaste keer wat Ellisras gewen het was in 2005.

Hoërskool Ellisras se atlete het hulle alles gegee. Tydens die prysuitdeling het Jadrin van Blerk die trofee ontvang vir die beste veld item. Hy het deelgeneem aan hoogspring o/14 en ‘n welverdiende eerste plek behaal. Kobi Erasmus wen die trofee vir die beste baan item: 400m hekkies d o/17 en breek sommer die rekord ook! Die rekord was 1.05:80s (2011) en die nuwe rekord is ‘n allemintage 61.08s! Bianca Nel d o/17 breek ook ‘n rekord: 200m. Ellisras se seuns is eerste en die dogters tweede. Dogters o/17 en s o/16 was ook eerste met die aflos. Ellisras se dirigente aflos het onder luide toejuiging tweede gekom: Leandri van Deventer, GP du Preez, Anneke Rossouw en Steven Verwey.

Rina Molebatsi g u/14 won 4 silver medals for 90m hurdles, long jump, 300m hurdles and the u/14 girls came second in the relay. Tshepang Dankuru b u/14 came second in the high jump and silver for relay. Niel Smit s o/14 wen goud vir diskus en verspring, silwer vir spiesgooi en ook silwer vir die aflos. Mohau Tswidi b u/14 won two silver medals for 300m hurdles and the relay. Nardo Croukamp s o/14 wen silwer vir diskus. Ewald Botha s o/14 wen DRIE goue medaljes: 100m 200m 400m en silwer vir die aflos. (Hy was baie siek die week voor interhoër en het sy beste gegee!)

Ruben Vosloo s o/15 kom eerste in 100m. Thikhedzo Mulaudzi b u/15 came second in 100m hurdles. Christi Kaiser d o/15 het die 400m blitsvinnig kafgedrag vir ‘n eerste plek en ook goud vir die aflos. Christelle van der Merwe d 0/15 wen goud vir 100m, 200m en verspring silwer. Die o/15 dogters kry goud vir hulle aflos. Ann-Lee Engelbrecht kom eerste in die 800m en kry ook goud vir die aflos.

Daney Pogieter wen gewigstoot d o/16 en kom tweede met diskus. Dries du Preez s o/16 wen twee goue medaljes vir spiesgooi en diskus en kom tweede in gewigstoot. S o/16 se aflos wen goud: Hardus Smit, Gerhard Moller, Estiaan Higgo en Jan du Plessis. Jan du Plessis wen 400m hekkies en kom tweede in die 100 en 200m. Nachelle Beetge d o/16 wen twee goud vir 400m hekkies en 400m en behaal silwer vir 200.

Tokkie de Beer s o/17 wen twee goud vir 110m hekkies, 400m hekkies en behaal silwer vir 400m. Bianca Nel d o/17 wen drie goue medaljes en breek ‘n rekord! Sy wen goud vir 100m, 400m en breek die rekord in die 200m! Rickus Ellis s o/17 behaal goud vir hoogspring. JP van Staden s o/17 wen goud vir spiesgooi en Jandri Venter d o/17 wen goud ook vir spiesgooi!

Tumelo Ngoepe g u/19 came second in 100m hurdles. Mosebudi Matsoma g u/19 won two silver medals for 100m and long jump. Nico Snyman s o/19 wen goud vir 400m en kom tweede in 200m. Conrad Prinsloo s o/19 kom eerste in diskus en tweede in gewigstoot. Montshiwa Selby came second in 800m. Stefanie Heystek d o/19 wen goud vir diskus. Kobi Erasmus d o/19 met spanmaats Bianca Nel, Murangi Sithari and Mia kom eerste in aflos d o/19.

Dis eenvoudig net ongelooflik! Te wonderlik om te beskryf. Baie dankie aan al die atlete, afrigters en ouers wat ver agter hulle kinders aanry. Dankie ook aan die onderwysers vir hulle toewyding en lang ure se bustoesig! Mag die Rassies van krag tot krag gaan!