Hoerskool Ellisras
Krieket / Cricket

EHS Krieket

Hoërskool Ellisras se eerste krieketspan het omtrent amok gemaak hierdie naweek. Vrydag 13 September speel hulle teen Hoërskool Nylstroom by Hoërskool Ellisras.

Janco Lotter hardloop 120 lopies (nie uit nie) en Lawrence Johnson 59. Beste boulers is Janco Lotter wat 8 beurte boul en vyf paaltjies laat kantel vir 45 lopies. Dian van Staden boul 8 beurte en vat twee paaltjies vir 30 lopies. Die Rassies wen met 8 paaltjies!

Saterdag speel die Rassies se eerste krieketspan teen Mahwelereng tuis. Die Rassies hardloop 392 lopies met 3 spelers uit. Die opponent kon net 289 lopies aanteken almal uit. Die Rassies wen met 103 lopies. Beste kolwers is Conrad Prinsloo met 132 lopies (nie uit nie) en Dian van Staden met 96 lopies nie uit nie. Beste boulers is Bryson Webb wat 2 paaltjies plattrek en Ryan Taljard ook twee.

Die Rassies is besonder trots op die Eerste span krieket met van hulle wat selfs in hulle matriek-eksamen hulle beste vir die skool gee!

Krieketkonings

1ste krieketspan

Hoërskool Ellisras se 1ste krieketspan het Dinsdag 25 September teen Hoërskool Nylstroom krieket gespeel in Nylstroom en hulle met oortuiging geklop. Nylstroom kolf eerste en toe klim die Rassieboulers met mening in. Janco Lotter en Juan de Beer vat elk twee paajtjies (Juan in een over) en Hendri Reynecke een. Nylstroom kon net 114 lopies maak almal uit in die toegelate 23 boulbeurte. Die Rassies het net 12.5 boulbeurte van Nulstroom nodig gehad om 117 lopies te maak. Janco Lotter slaan 35 lopies van 19 balle, Henrico Gouws 22 en Lawrence Johnson 26 nie uit nie. Die rassies wen met 7 paaltjies en het net 3 paaltjies verloor.

Krieketkonings
Vlnr Conrad Prinsloo, Xander Higgo, Henrico Gouws, MC Pitout, Juan de Beer, Janco Lotter en Hendri Reynecke

krieketwedstryd 15 September 2018

Saterdag 15 September het Hoërskool Frikkie Meyer druipstert weggery na ‘n eerste span krieketwedstryd hier in Ellisras teen Hoërskool Ellisras.

Die Rassies het eerste gekolf en maak tjoefchaf 243 lopies. Beste kolwers is Janco Lotter met 78, Lawrence Johnson met 31 en Cornè van Zyl met 27. Maar die Frikkies het nie rekening gehou met die Rassies se boulers nie! Lawrence laat 5 paaltjies kantel in 8 boulbeurte. En toe is die Rassies opgewarm! Tiaan Nel vat 2 paaltjies in 6 beurte en dit was die einde van die Frikkies! Hulle kon net 143 lopies bymekaarskraap en die Rassies wen met 100 lopies!

Die wedstryd het in versengende hitte plaasgevind onder moelike omstandighede. Ai en toe breek die Frikkie meneer se kar ook nog! Wat ‘n dag vir die arme Frikkies!

Krieketkonings

Krieketkonings

Hoërskool Hans Strijdom se o. 15-krieketspan het die o. 15’s van Hoërskool Ellisras Woensdag 29 Augustus op tuisbodem aangedurf en volgens EHS se afrigters was die wedstryd ʼn getuigskrif van goeie veldwerk.

Ván die spelers het Woensdag vir die eerste keer krieket gespeel met die rugbyseisoen wat uiteindelik verby is, maar hulle het steeds baie goed gespeel.

Stefan Oosthuizen teken 54 lopies aan en dié span met vele veelsydige spelers, wen die wedstryd met 23 lopies.

Gerhard Moller teken 10 lopies aan, Kgotso Mahlamela – twee paaltjies, Estiaan Higgo – ses lopies, Mynhardt du Plessis – een vangskoot, drie paaltjies en vier lopies, Stefan Oosthuizen 54 lopies, Dian van Staden 38 lopies en drie paaltjies, Handru Lourens – een paaltjie, Ethan Victor – een vangskoot en een lopie, RF Schoeman – een vangskoot, 15 lopies en een paaltjie.

Hulle het ook Saterdag 1 September ʼn westryd gespeel teen die o. 15’s van Hoërskool Warmbad in Bela-Bela en met vyf paaltjies gewen.

Dian van Staden teken 79 lopies aan, neem twee paaltjies en benut een vangskoot. RF Schoeman teken ses lopies aan, neem ses paaltjies en benut twee vangskote. Gerhard Moller teken nege lopies aan en een benut vangskoot. Mynhardt du Plessis teken sewe lopies aan, neem een paaltjie en benut een vangskoot. Estiaan Higgo teken 13 lopies aan en Ruan Prinsloo neem een paaltjie met een bal – die laaste bal! Stefan Oosthuizen teken 18 lopies aan en benut een vangskoot.

Krieketkonings