Hoerskool Ellisras
Kultuur / Culture

EHS Talentaand

23 April het Hoërskool Ellisras se leerders hulle talente ten toon gestel tydens ‘n “Rassies got talent” vertoning. Dit was ‘n opwindende program met dans, kitaar, klavier, drama, sing en selfs ‘n kulkunsitem! Ruan Bredenhann het die klank behartig en die verrassing van die aand was natuurlik die hoof, mnr Adriaan Joubert, se sangduet met Lawrence Johnsen. Die gehoor het die aand baie geniet. Mag daar nog vele wees!

EHS Talentaand EHS Talentaand EHS Talentaand

Kultuurdag en Fiets Opedag by EHS

Woensdag het Hoërskool Ellisras ‘n kulruur en Fietry Opedag gehad om nuwe aktiwiteite te adverteer.

Die Fietsy het baie aandag getrek. Hasie van Leo’s fietse het ‘n paar bergfietse uitgestal en die leerders ingelig oor die kosbare besitting! Helene Glas was ook byderhand vir inligting en inskrywings. Die feitsryers het vir Dawie du Plessis (professionele fietsryer) van die Vrystaat ingevoer om ‘n demonstrasie te gee. Die Rassies het ‘n pragtige baan gebou en mekaar uitgedaag vir tydtoetse.

Groot hoogtes word voorspel vir hierdie interessante sportsoort!

Handhawingstrofee vir 2018

Erik

Die Afrikaanse Kultuurraad is van mening dat geen volk kan gedy en groei tensy die jeug bewus gemaak en gehou word aan sy taal, kultuur, tradisie en Christelike beginsels nie.

Die kriteria wat gestel word is die volgende:

• Slegs ‘n graad 12 leerder kwalifiseer wie se kultuur en huistaal Afrikaans is.
• Hy/sy moet aan ‘n Christelike kerk behoort en hoogstaande morele, etiese en Christelike standaarde handhaaf.
• Hy/sy moet die Afrikaanse taal, kultuur en Christelike beginsels bevorder, uitdra en ‘n voorbeeld vir ander wees.
• Akademiese prestasie kan ‘n rol speel, maar moet nie oorwegend wees nie.

Vanjaar word hierdie toekenning gemaak aan ‘n leerder wat vir 3 jaar deel was van die klankspan.  Vanaf graad 8 tot 12 aan die ATKV debat en redenaarskompetisies deelgeneem het.  Kleure vir debat en erekleure vir redenaars ontvang het.  ‘n Persoon wat as voorsitter by verskeie geleenthede kon optree, wat as Rassieraadlid die kultuurportefeulje onder sy vlerk moes neem en in 2017 as wenner by die Interhoër redenaars (voorbereid) aangewys is.
Baie geluk Erik van der Walt.  Jy is ‘n waardige wenner van vanjaar se Handhawingstrofee.

 

‘n Boodskap uit Erik (Handhawingstrofeewenner 2018) se hart

Ek hou van die Meneer.
Ek love die onderwysers.
Ek hou van die kinders.
Ek is mal oor die gees.
Ek is bevoorreg om die beste ondersteuning te kan he.
Ek is trots daarop om n Rassie te wees.👏🏻👊🏻

Kultuurleerder van 2018

Nathalie
Nathalie Perrier, Kultuurleerder van 2018, ontvang die volgende toekennings:
Kleure DEBAT 3 Jaar Deelname : 1ste Rondte : ATKV Debat Kompetisie
Kleure REDENAARS 3 Jaar Deelname aan Interhoër Redenaars
Sertifikaat REDENAARS Deelname : Semi-Finaal ATKV Redenaars Kompetisie Seniors
Sertifikaat TONEEL Lid van die Toneelgroep wat Brons verwerf tydens ATKV
Sertifikaat TONEEL Verwerf Brons tydens ATKV vir haar vertolking Delilla
Trofee DEBAT

Beste Debatspaar : Henry Pretorius Wisseltrofee
Trofee REDENAARS SAVF Beste Senior Redenaar onvoorbereid Huistaal

LOURIERFUNKSIE / 2018 / AWARD CEREMONY

Gedurende die 4de kwartaal is die jaarlikse Lourierfunksie vir GR 8-12 buitemuurse prestasies en die Gr 12 akademiese prestasies aangebied. What a wonderful opportunity to honour our learners for their hard work and perseverance. Apart from our learners, the school also congratulated the parents who attended this event for their dedication and the interest they take in their children’s school work.

 

The following learners were trophy winners:

SPORT

Golf : Divan Geldenhuis and Christiaan Young
Cricket
Jr field worker: Maynahardt du Plessis
Most versatile Jr: Dian van Staden
Jr Batsman: Dian van Staden
Jr Bowler: Dian van Staden
Best Junior: Dian van Staden
Best Sr Bowler: Lawrence Johnson
Sr Batsman: Lawrence Johnson
Sr Field worker: Henrico Gouws
Most versatile Sr: Lawrence Johnson
Best progress: Kgotso Mahlamela

 

Rugby:

Beste speler: Janco Lotter & Gerie Blom
Beste voorspeler: Janco Lotter
Beste agterspeler: Gerrie Blom
Beste vordering: Tokkie de Beer
O/16: Virsekerbekerwenners
O/15: Virsekerbeker-naaswenners

Hokkie: Christi Kaiser

Swem
Jr: Nicolas Louw & Nicole Meyer
Sr: G.J. Roets & Tayla Vos


Archery: Codi Janse van Rensburg & F.A. Kemp


Tennis
Singles:  Johan Kleynhans  
Doubles: Dian van Staden & Johan Kleynhans


Fietsry: Menno Glas


First Aid : Community helper: Charnell Cowan
Best helper: Chandre Cowan
Best Admin: Chandri Cowan
Best Sports helper: Ntiri Marakalala


CULTURE


Redenaars: Sr huistaal: Nathalie Perrier & Lane Kaiser
Jr huistaal: Deone Barnard & Janco von Ronge
Sr addisionele taal: Ronaldo Hlong, Murangi Sithari, Gontse Matong
Toneel:  Tianca Engelbrecht & Teresa Dercksen.
Debat: Nathalie Perrier & Leandri van Deventer
Public Speaking: Dian Besseling & Inge Botes

Aangesien die graad12-leerders vir oulaas aan die einde van die 3de kwartaal ‘n skoolrapport ontvang, is hulle akademiese prestasies beloon met sertifikate, kleure, erekleure, kontanttoekennings en trofeë.  Die beste Gr 12-akademiese presteerder is Marnique Gadda. Sy behaal onderskeidings in 6 van haar 7 vakke en is die toppresteerder in die vakke Lewenswetenskappe, Afrikaans HT en RTT. Met haar gemiddeld van 89,5% is sy ook aangewys as Dux-leerder van 2018.
Nog top-toekennings gaan aan Tokkie de Beer (Gr 10) - Sportseun van die jaar en Christi Kaiser (Gr 8) -  Sportdogter. Nathalie Perrier word aangewys as Kultuurleerder van 2018 en Erik van der Walt (Gr12) ontvang die gesogte Handhawingstrofee.
The grade 8 – 11 learners of 2018 will receive their academic awards on 24 January 2019, after their marks for the entire year (2018) have been calculated.
Congratulations to the Rassies!

LOURIERFUNKSIE
Erik van der Walt (Gr12) ontvang die gesogte Handhawingstrofee
LOURIERFUNKSIE
Christi Kaiser (Gr 8) - Sportdogter van die jaar
LOURIERFUNKSIE
Nathalie Perrier word aangewys as Kultuurleerder van 2018
LOURIERFUNKSIE
Marnique Gadda Dux-leerder 2018 en Rassie van die Jaar.
LOURIERFUNKSIE
Tokkie de Beer (Gr 10) - Sportseun van die jaar