Hoerskool Ellisras
Tuisblad Vennote Koshuis Kontak Ons
Lourierfunksie / Merit Function

GR12 LOURIERFUNKSIE / AWARD CEREMONY 2021

'n Droom word nie deur middel van bonatuurlike aksies realiteit nie; Dit neem sweet, vasberadenheid en harde werk.
Colin Powell

Wat 'n pragtige aand was dit nie! Harde werk word beslis beloon en daarom was dit 'n hoendervleis-oomblik om die Gr12's van 2021 geluk te wens met hul uitsonderlike prestasies.

HANDHAWINGSTROFEE 2021: Anika van Rooyen
Die prestige-toekenning word jaarliks aan 'n Gr12 leerder oorhandig wat 'n getroue en lojale werker is. Die leerling leef 'n Christelike karakter uit deur hoogstaande morele en etiese waardes, sy is die toonbeeld van 'n ware Rassie - in voorkoms en optrede. Die leerder word geken aan getroue, volgehoue en lojale deelname op akademiese- en buitemuurse gebied.
KULTUURPERSOONLIKHEID 2021: Christine Loubser
Vanjaar se wenner van die Kultuurpersoonlikheidtrofee is aan Christine Loubser oorhandig. Sy het haarself behoorlik laat geld in haar deelname aan debat- en redenaarskompetisies - tot op Nasionale vlak.
SPORTSEUN 2021: Danie Strooh
Die leerling word vir die 2de jaar verkies vir die Limpopo-provinsiale atletiekspan, en in beide jare wen hy beide sy items, gewigstoot en diskusgooi - vanjaar verbeter hy die provinsiale diskusgooi-rekord.
Hy verwerf 'n bronsmedalje tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en volgens die jongste wêreldatletiekranglys, beklee hy die derde posisie vir die o/17-atlete nadat hy opskuif vanaf die 6de posisie.
Hy het reeds 'n beurs verwerf om by die State University of Arizona te studeer nadat hy sy matriekjaar voltooi het.
SPORTDOGTER 2021: Christi Kaiser
Die leerder haal vir die derde jaar die Limpopo, provinsiale atletiekspan en tydens haar deelname hier wen sy telkens haar item. Sy behaal 'n algehele 6de plek tydens die Suid-Afrikaanse, Nasionale kampioenskappe. Sy speel ook vir die se 1ste hokkiespan en word gekies vir die Limpopo-provinsiale span.
DUXLEERDER 2021: Clarissa Booysen
Die duxleerder is die Gr12 leerder wat die beste akademiese prestasie behaal het. Sy behaal 7 onderskeidings, 5 beste vakprestasies, 'n gemiddeld van 90%, is vir al drie kwartale op die Top 10 en verower 7 akademiese tofeë.
RASSIE VAN DIE JAAR 2021: Fred Pistorius
Fred behaal 5 akademiese onderskeidings, 4 akademiese trofeë, 2 beste vakprestasies en is 3 kwartale op die skool se Top 10. Hy neem deel aan die Rassie-koor en die talentkompetisie en speel ook skaak en rugby vir die skool vroeër gedurende sy skoolloopbaan. Hy neem deel aan krieket en speel 3 jaar vir die skool se A- of eerstespan, tot en met sy matriekjaar. Hy word opgeneem in die nasionale tentpegging span en tre op as kaptein van die o/20 Proteaspan wat internasionaal deelneem. Hy is ook die President van die Rassieraad van 2021.
GETROUE SKOOLBESOEK 2021: Amandré Lotter, Anika van Rooyen en Ivanka Viviers
Die leerders ontvang 'n aandenking en 'n sertifikaat vir 12 jaar se getroue skoolbesoek. Dit spreek van hul ywer en pligsgetrouheid.

Die volgende leerlinge behaal ook uitsonderlike prestasies:
Janco von Ronge kry die Sarel Bekker Wisseltrofee vir die beste prestasie in Engels Eerste Addisionele Taal - 92%
Ds LSM Swanepoel wisseltrofee vir die beste prestasie in Wiskunde - 88%
Snyman Oosthuizen Wisseltrofee vir die beste in Rekeningkunde - 88%
Afrikaanse departement Wisseltrofee vir die beste prestasie in Afrikaans Huistaal - 87%
Kumba Resources wisseltrofee vir die beste prestasie in Inligtingstegnologie - 91%
Human wisseltrofee vir die beste prestasie in twee tale gesamentlik Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal.
Sasko Ellisras wisseltrofee vir die meeste onderskeidings behaal in Gr12

Clarissa Booysen kry die Dr Thiele Wisseltrofee vir die beste prestasie in Fisiese Wetenskap - 94%
FA van der Mask Wisseltrofee vir die beste prestasie in Lewenswetenskap - 92%
Afrikaanse departement Wisseltrofee vir die beste prestasie in Afrikaans Huistaal - 87%
Kumba Resources Wisseltrofee vir die beste vakprestasie in RTT - 95%
EHS Wetenskap departement wisseltrofee vir die beste prestasie in wiskunde, fisiese wetenskap en lewenswetenskap gesamentlik.
Sasko Ellisras wisseltrofee vir die meeste onderskeidings behaal in Gr12
Dr Werner Emslie wisseltrofee vir die beste lerder in wiskunde, fisiese wetenskap en RTT gesamentlik en ookmdie Exxaro Steenkoolmyn wisseltrofee vir die hoogste gemiddeld in Gr12 - 90%

Illane Geringer ontvang die DS LMP Swanepoel wisseltrofee vir die beste prestasie in Wiskundige Geletterdhied - 92%, EHS Verbruikerstudie wisseltrofee vir die beste vakprestasie in Verbruikerstudie - 92% en die Bloeddiens wisseltrofee vir die beste prestasie in Toerisme - 95%.

Fred Pistorius ontvang die Pretorius wisseltrofee vir die beste vakprestasie in IGO - 82%, Lephalale FET Wisseltrofee vir die beste prestasie in Elektriese Tegnologie - 92% en die Lephalale FET Wisseltrofee vir die beste prestasie in 'n tegniese studierigting.

Marnel Venter ontvang die DS LMP Wisseltrofee vir die beste vakprestasie in Wiskundige Geletterdheid - 92%

Dian van Staden ontvang die Fruit & Veg Wisseltrofee vir die Kaptein van die Eerste Krieketspan. Hy is 4 jaar lid van die A-span.

Tshegofatso Tladi receives the EHS floating trophy for the best achievement by a learner in English Language of Learning Lane.

Abner Mokgotu receives the Lois Campbelle Floating Trophy for the best achievement in English Home Language - 76%

Noko Magwai receives the Willie Loots Floating Trophy for the best achievement in Sepedi Home Language - 88%

Kristin Robbertze ontvang die Nedbank Wisseltrofee vir die hoogste gemiddeld in Rekeningkunde en Besigheidstudies gesamentlik - 82.5%

Johan Kleinhans ontvang die Nguni Wisseltrofee vir die beste vakprestasie in Visuele Kuns - 81%

Keitumetse Mokwele receives the Afrikaans Department Floating Trophy for the best achievement in Afrikaans First Additional Language - 77%

LOURIERFUNKSIE 2021

GR12 LOURIERFUNKSIE 2020

What an exceptional evening it was!
Die Rassies se Gr12's is vereer vir hul harde en getroue werk gedurende 2020, maar ook vir die afgelope vyf jaar se deursettinsgvermoë.

This group of Gr12's will be remembered for their excellence. We look forward to track their careers after school.

“If you deliver excellence right now, that gives you the best shot at the best future you’ve got coming.” ―Robert Forster

Hoërskool Ellisras bedank Mev Fransa de Beer en haar dogter, Nandri, vir die uitsonderlike foto's.

#2020lourierfunksie #classof2020

LOURIER 2020

Hoërskool Ellisras se leerders is ryklik beloon tydens die Akademiese prysuitdeling van 29 Januarie 2020 vir hulle harde werk en ure agter die boeke. Dis soos die hoof Mnr Adriaan Joubert dit gestel het: There is no elevator to success – you have to take the stairs!”

Die graad 8 leerder van 2019 wat die meeste sertifikate verwerf het, is Inge Zandberg met 21. Sy behaal die beste vakprestasie in: Afrikaans Huistaal 86%, Ekonomiese Bestuurswetenskappe 90%, Digitale Tegnologie 95%, Menslike Sosiale Wetenskap 89%, Skeppende Kuns 93% en Wiskunde 92%. Haar gemiddeld is 88.9% en sy is vier kwartale op die top 10.

Lerato Banda is the best Sepedi learner with 87%, John-Michael Elenis is the best Afrikaans First Additional Language learner with 81.8%, Divan Malan is die beste in English First Additional Language met 88%, Klara Grieshaber beste in Lewensorientering 93%, en Lanelle Vermaak 93% ook vir Lewensorientering, Lerato Langa Sepedi Home Language 87%, Mbali Mkhwebane English Home Language 84% en Andries Koen Tegnologie 96% en Wiskunde 92%.

Inge Botes ontvang die meeste toekennings in gr 9 met 18. Sy is die beste in Afrikaans Huistaal 89%, Menslike Sosiale Wetenskap 91%, Skeppende Kuns 94% en Tegnologie 90%. Haar gemiddeld is 88.1% en sy is 4 kwartale op die top 10.

Oratile Marakalala is the best learner in Sepedi Home Language and English First Additional Language 90% , Ronaldo Hlong best in English Home Language 82%, Afrikaans First Additional Language 79% and Economic Management Science 84%, Zinta v Staden beste in English First Additional Language 90%, Christine Loubser Lewensorientering 88%, Inge Prinsloo Natuurwetenskappe 90% en PJ Human beste in Digitale Tegnologie 94%.

In graad 10 stap Janco von Ronge loshande weg met die meeste toekennings: 20. Hy is die beste leerling in Afrikaans Huistaal 88%, Besigheidstudies 87%, English First Additional Language 93% Rekeningkunde 91%, Rekenaartoepassingstegnologie 94% en Wiskunde 94%. Sy gemiddeld is 91.6% en hy is vir kwartale op di top 10.

Die volgende leeders is ook die beste in hulle vakke in graad 10: Keitumetse Mokwhele Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Gomolemo Monyeki Tourism 72%, Lionel Vorster Tegniese Wiskunde 72%, Stefan Oosthuizen Siviele Tegnologie 91%, Johanna vd Westhuizen Visuele Kuns 81%, Gerhard Booysen Ingenieurs Grafika en Ontwerp 86%, Marnel Venter Wiskunde Geletterdheid 90%, Fred Pistorius Elektriese Tegnologie 80%, Mia Venter Verbruikerstudies 81%, Clarissa Booysen Lewensorientering 92%, en PJ Brand Fisiese wetenskap 88%, Gevorderde Program Wiskunde 86%, Inligtingstegnologie 95% en Lewenswetenskap 88%.

In grade 11 Murangi Sithari received 22 awards. She is the best learner in: Afrikaans Eerste Addisionele Taal 89%, Physical Science 91%, Advanced Programme Mathematics 87%, English Home Language 90% Accounting 91% and Information Technology 93%. Her average for the year was 90.2% and she was on the top 10 for four terms.

Die volgende leerders was die beste in hulle vakke in graad 11: Jeanette Makgae History 71%, Tayla Vos Tourism 72%, Tokkie de Beer Siviele Tegnologie 83%, Masipala Murunwa Sepedi Home Language 89%, Ntiyisa Mawila Maths Literacy 77%, Miriam Metlae Consumer Studies 76%, Loulah vd Watt Visuele Kuns 93%, Nelius Grieshaber Visuele Kuns 93% en Ingenieursgrafika en Ontwerp 85%, Ina-Mari Roos Afrikaans Huistaal 85%, Besigheidstudies 87.5% en English First Additional Language 86%, Anzelle Vermaak Rekenaartoepassingstegnologie 87%, Lewenswetenskap 87% en Wiskunde 90%, Bianca Smith Lewensorientering 94% en Rekenaarstoepassingtegnologie 87%.

2020 het met ongelooflike veelvuldige aktiwiteite afgeskop en atletiek is seker prominent, maar na alles is ons baie trots en gefokus op ons akademie en gaan dit in volle swang voort! Baie geluk aan almal en sterkte, mag al die leerders akademiese toekennings ontvang!

Lourierfunksie 2020
Inge Zandberg (Gr 8 – 2019)
Lourierfunksie 2020
Inge Botes (Gr 9 – 2019)
Lourierfunksie 2020
Janco von Ronge (Gr 10 – 2019)
Lourierfunksie 2020
Murangi Sithari (G 11 – 2019)
Lourierfunksie / Merit Function

Lourierfunksie 2019

Hoërskool Ellisas het Donderdag 24 Januarie die jaarlikse gr 8-11 Akademiese Lourierfunksie gehou om almal wat regdeur die jaar hard geleer het te beloon.

Die beste leerders in elke graad is graad 8 Jacki Roos, gr 9 Janco von Ronge met elk 20 toekennings, gr 10 Murangi Sithari en  Joey Vorster elk 22 toekennings.

Jacki Roos behaal onderskeidings in Afrikaans Huistaal 82.1, Eng FAL 83%, Geografie 83%, Geskiedenis 91%, Lewenswetenskap 91%, Fisiese Wetenskap 80%, Skeppende Kuns 98%, Tegnologie 93%, Wiskunde 89% en Ekonomiese Bestuurswetenskap 84%. Sy behaal ook die beste vakprestasies in Fisiese Wetenskap, Afrikaans Huistaal, Geografie, Geskiedenis, Lewenswetenskap en Skeppende Kuns. Haar gemiddeld is 86.7% en sy is 4 kwartale op die top 10.

Janco von Ronge het onderskeidings in Afrikaans Huistaal 91%, Eng FAL 91%, Ekonomiese Bestuurswetenskap 90%, IT 94%, Geografie 84, Geskiedenis 89%, Lewenswetenskap 90%, Fisiese Wetenskap 94%, Skeppende Kuns 97%, Tegnologie 92% en Wiskunde 92%. Hy is die beste leerder in Afrikaans Huistaal, Eng FAL, Geskiedenis, Lewenswetenskap en EBW. Sy gemiddeld is 91%.8 en hy is 4 kwartale op die top 10.

Murangi SIthari is the best learner in grade 10 with 22 awards: Eng Home Lang 88%, Afrikaans FAL 85%, Physical Science 92%, IT 91%, Accounting 92%, Maths 88%, Advanced Maths 84%. She was the best learner in the following subjects: Physical Science, IT, Accounting, Maths, Afr FAL, Eng Home Lang, and Advanced Maths. Her average for the year is 89.3%. She was on the top 10 for four terms.

Joey Vorster  is die beste gr 11 leerder en sy verwerf onderskeidings in: Afr Huistaal 84%, Eng FAL 82% Fisiese Wetenskap 92%, IGO 90%, Rekeningkunde 86% en Wiskunde 86%. Sy is die beste leerder in Afr Huistaal, Fisiese Wetenskap, IGO, Rekeningkunde en Wiskunde. Haar gemiddeld is 86.7%. Sy was op die top 10 vir vier kwartale.

Graad 8 ontvang 120 toekennings, gr 9 ontvang 170, graad 10 ontvang 104 en graad 11 ontvang 101 toekennings. VIr die aand het leerders 495 toekennings ontvang.

Mag die oes geil wees in 2019!

Lourierfunksie 2019
Jacki Roos, Janco von Ronge, Murangi SIthari en Joey Vorster
Lourierfunksie
Mnr Theunes van Staden met sy leerder Steyn van Staden, wat die beste IGO leerder in die Waterbergdistrik was vir die gr 12 eind-eksamen 2018