Hoerskool Ellisras
Netbal / Netball

EHS Netbal

Ons onder 14A, 15A en 16A spanne het almal deurgedring na die uitspele (dit is ‘n rondomtalie) vir Limpopo finale.

Die 14A en 14B was kring wenners – daarom het die A span ook uitgespeel vir Limpopo finale.
Die 15A en 16A het 2de plek in die kring uitspele behaal- daarom uitspele vir Limpopo finale.

EHS Netbal en Hokkie teen Nylstroom

Saterdag 17 Mei het Hoërskool Ellisras ‘n suksesvolle sportdag beleef. Die rugby het teen Tom Naude gespeel en die hokkie en netbal teen Nylstroom.

Netbal se Rassies 0/14b wen 13-7 en 0/14A 12-3. 0/15 A en B spanne speel gelykop 13-13 en 3-3. Rassies se 0/16B wen 21-7 en A 22-8. Rassies se tweede span wen 18-7.

Dit was tawwe wedstryde en die tellings weerspieel dat albei kante geveg het vir balbesit, maar die wedstryde het in baie goeie gees plaasgevind.

sports sports

Limpopo netbalproewe

Deonè Barnard en Charlize du Plessis (o/14) van Hoërskool Ellisras het deelgeneem aan Limpopo netbalproewe 7 Mei te PHS in Polokwane. Ons is so baie trots om te sê Deonè en Charlize is beide gekies vir die Limpopo skolenetbalspan wat aan die SA’s gaan deelneem later hierdie kwartaal. Die senior netbalproewe is nog aan die gang.

sports

Deonè Barnard en Charlize du Plessis

Rassie Netbal

Hoërskool Ellisras se netbalspanne het Maandag 23 April vir Settlers Agricultural High School totaal onkant betrap op Ellisras se bane.

Die Rassies wen al die wedstryde. 0/14 Rassies wen 37-2, 0/15 wen 21-5, 0/16 wen 30-1-, en die eerste Rassiespan wen 27-10.

sports sports