Talente moet nie onder die maatemmer weggesteek word nie.

Ons is trots op wat die Rassies bereik en daarom spog ons graag

op hierdie blad met ons uitblikers.

Ons gholfspan het hul uitstekend van hul taak gekwyt en behaal sedert 2003 die eerste plek tydens die Interhoër. 'n Uitmuntende prestasie.

 Gholfspan Wen Interhoër

Nasionale Redenaars

Lerato Ditsela & Murangi Sitari is Worcester toe om deel te neem aan die Nasionale Rondte van die ATKV-kompetisie vir 2de taal sprekers. Baie geluk julle twee.

Limpopo Boogskiet

Baie geluk aan Mischka Witbooi en Armand du Plessis wat plekke behaal het tydens die boogskietkompitiesie. Mischka het n tweede plek behaal in die senior meisies kategorie, met n puntetelling van 282. Armand behaal n derde plek in die senior seuns kategorie, met 'n puntetelling van 267.

© Copyright 2017 EHS | All Rights Reserved

Designed by