Artistatue is 'n Nasionale Redenaarskompetisie aangebeid deur die gewilde akteur, At Strydom. Die beoordelaars reis na skole in verskillende provinsies en beoordeel leerlinge vir uitdunrondtes. Die finale wenners is vanjaar gekies aan die hand van die hoogste gemiddeld tydens beoordeling en 'n Top 10 ranglys is saamgestel.
Leerlinge van Noordwes, Limpopo, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en die Noord-Kaap het deelgeneem.
Gerdro Grobler behaal 'n 2de plek op die ranglys vir Gr10's. Hy wen ook die voorbereide toespraak kategorie.
Christine Loubser behaal 'n 2de plek in die onvoorbereide en voorbereide kategorie.
Dit is voorwaar uitsonderlik om op Nasionale vlak die prestasies te behaal. Kompetisie was straf tussen leerlinge regoor Suid-Afrika. Hoërskool Ellisras is baie trots op die twee redenaars en sien uit na nog vele argumente en redenasies van hul kant af.
Artistatue Redenaars streef daarna om vir leerders 'n platvorm te skep waarop redenaars hul sê kan sê. Met elke optrede vind groei plaas wat lei tot 'n beter selfbeeld, kommunikasie vaardighede en selfvertroue.
Redenaars help leerlinge om aktueel betrokke te wees, logies en kreatiewe denke te ontwikkel, onderskeidend en krities te luister en te lees, inligting te vind, te ontleed, te organiseer en te sintetiseer, eie menings en argumente te formuleer en met selfvertroue ander te oortuig.
29 Maart 2021 het Hoërskool Ellisras ‘n hoogs suksesvolle ATKV debatsaand gehou.
Die onderwerp was: Die onttrekking van multi-nasionale maatskappye aan Suid Afrika behoort die land (nie) tot voordeel te strek (nie).
Die wenners is Christine Loubser en Branden Perrier .
Tweede was Lanelle Vermaak en Divan Malan.
Nina van Heerden, Christi Kaiser, Edward Johnson en Johan Koen het ook deelgeneem.
Debat oefen leerders om op hulle voete te dink en argumente te weerlê, of jy ‘n voorstaander of teenstaander van die onderwerp is.
Die beoordelaars was Ds Bernard Prinsloo, Mnr CJ vd Merwe en Me Susan O’Reilly.
7586 – Branden Perrier en Christine Loubser - wenners
7579 – Nina van Heerden en Christi Kaiser het ook deelgeneem
7582 - Edward Johnson en JoHan Koen het ook deelgeneem
Woensdag 23 Maart het Hoërskool Ellisras ATKV Redenaars hulle sê met mening gesê. Me Des Jordaan het weer 'n pragtige geleentheid gereël.
Die wenners in die Afrikaanse Voorbereide Junior afdeling Huistaal was Nika Snyman (Skoenmaker hou jou by jou lees), tweede Wilmi van Rooyen (Beurtkrag red die toekoms) en derde Joshua Young (Suid-Afrika het ‘n toekoms).
Die wenners in die Afrikaanse Senior Voorbereide afdeling Huistaal was Christine Loubser (Oudste kinders het murgpype van staal), Christi Kaiser (Afrikaans in murg en been) en derde Anika van Rooyen (Studies is nie die alternatief nie).
In die Voorbereide Senior afdeling vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal het Rorisang Ditsela gewen met die toespraak: Die belangrikheid van lees.
Die beoordelaars was Ds Bernard Prinsloo, Me Manda Pitout en Me Renè Coetsee.
EHS se ATKV Interhuisredenaars het vanjaar op 3 Maart plaasgevind. Hierdie leerlinge dring deur na die eerste ronde van die ATKV-kompetisie.
Die wenners:
Juniors Voorbereid Huistaal:
1) Johan Koen
2) Mianke Kukard
Seniors Voorbereid Huistaal:
1) Christi Kaiser
2) Bianca Smit
3) Branden Perrier
4) Anzelle Vermaak
Juniors Voorbereid Eerste Addisionele Taal:
1) Rorisang Ditsela
Seniors Voorbereid Eerste Addisionele Taal:
1) Ika Radipabe
2) Murangi Masikhwa
Juniors Onvoorbereid Huistaal:
1) Gerdro Grobler
2) Aleyneh Pienaar
Seniors Onvoorbereid Huistaal:
1) Janco von Ronge
2) JP van Staden
3) Tiaan Malan
4) Janco Lotter
Seniors Onvoorbereid Eerste Addisionele Taal:
1) Ronaldo Hlona
2) Murangi Sithari
Woensdag 19 en 20 Februarie het Hoërskool Ellisras se redenaars mekaar die stryd aangesê en die kompetisie was straf!
Die Juniors Voorbereid se temas was: Waarheid, Beelde en Deure.
Die redenaars wat deurgaan na die volgende rondte is:
Junior Voorbereide Huistaal: eerste is Christi Kaiser (Gebruik die deure wat oop is om ‘n Einstein te word), tweede Ruan Mostert (Rolle note sluit nie deure oop nie) en derde Inge Prinsloo (Met die waarheid kom jy altyd verder).
Junior Voorbereid Addisionele Taal is Rorisang Ditsela (Die geskenk van verbeelding).
Die Juniors Onvoorbereide toesprake het gehandel oor: “Maak dit onwettig om enige wilde diere as troeteldiere aan te hou.”
Die Seniors se temas was Toue en Magnete en Navigeer.
Senior Onvoorbereide Addisionele Taal is Murangi Sithari. Senior Voorbereide Huistaal eerste Leandri van Deventer (Die toue van menseregte het ons gebind tot verdoemenis), tweede Lanè Kaiser, derde Bianca Smith (Toutjies trek vir werk kan risiko beperk) en vierde Anzelle Vermaak (Kinders moet die waarheid van die lewe geleer word).
Die Onderwerp van die seniors onvoorbereid is “Tieners se gebruik van sosiale media behoort deur hulle ouers gemonitor te word. Senior Onvoorbereide Huistaal is eerste Nathalie Perrier, tweede Janco von Ronge, JP van Staden en vierdie Janco Lotter. Senior Voorbereide Addisionele Taal is Murangi Masikhwa.
Die volgende ronde van die ATKV vind plaas op 11 en 12 April. Semi-finaal is 25 Mei. Ons wens al ons leerders ‘n gladde mond toe!