Hoerskool Ellisras
Rugby

EHS SPORTDAG teen Merensky

Saterdag 11 Mei 2019 vroegoggend het die Rassies die langpad aangedurf vir ‘n sportdag teen Hoërskool Merensky in Tzaneen. Wat die rugby aanbetref, het die o/16 span weer soos helde wat nog steeds onoorwinne is gewen met ‘n telling van 26-15. Hierdie span is inderdaad op pad na Limpopo wenners en die Virsekerbeker.

Die eerste span het dit verseker die moeite werd gemaak om so ver te ry. Hulle draf Merensky kaf met 44-14. Die span druk 5 drieë: Juan du Plessis, Conrad Prinsloo, Christian Young en Henrico Gouws.

The soccer teams also went along and played two hard games. The Junior boys won 4-2 and the senior boys unfortunately lost 1-2.

Hoërskool Ellisras is truly grateful to all the parents and friends of the school for travelling vast distances to support and encourage the Rassies.

What counts is that everybody arrived home safely.

EHS RUGBY teen Ben Viljoen

Saterdag 13 April 2019 het Hoërskool Ben Viljoen van Marble Hall vroegdag vertrek vir ‘n sportdag teen die Rassies in Ellisras. Die rugby was taai en uitdagend. Die Rassies se o/14 A-Span wen 12-0 en o/14 B Span wen 33-0. As iemand nog ooit spannende rugby wou beleef, gaan kyk dan die o/14's! Die mannetjies slaan mens se asem weg deur alles te gee wat hulle het! Die o/16 Rassies het onder die besoekers se pale baljaar! Dit was pragtige hardloop rugby met ‘n telling van 57-7. Die tweedes wen 12-5 en die eerstes het in die laaste paar minute slegs met drie punte verloor 32-35.

Dit was ‘n suksesvolle dag met harde werk wat beloon is. Mag al die beseerdes spoedig herstel.

Conrad Prinsloo
Stefan Scholtz
Phutego Modise

RUGBY KRAAI KONING!

Saterdag neem Hoërskool Ellisras se 0/17 sewe-rugbyspelers deel aan ‘n toernooi wat gehou is in Brits te Wagpos met spanne tot vanuit Gauteng en Noord-Wes. Die Rassies kraai koning en wen die trofee vir die beste span van die toernooi!

Vir hierdie trofee moes hulle rillerwedstryde speel! Hulle wen teen Hendrik Verwoerd van Pretoria 52-0, Rand Park High 57-0 en Koster 28-12. Die semi-finaal teen Overkruin van Pretoria was omtrent ‘n nagmerrie. Die Rassies wen met 21-19 nadat ‘n speler van Overkruin Ruan Basson in die mond skop en tande met draadjies en al windskeef gestaan het! Feitlik uit die mond! Ruan is hospital toe gejaag, maar hierdie geharde rugbyspeler het letterlik tande vasgebyt en hopelik is al sy tande weer in posisie na dese! Hierna speel hulle teen Wagpos in die finaal! Dit was ‘n harde wedstryd so sonder Ruan, maar die manne was vasberade (die leuse van Wagpos!) en het met ‘n oorwinning van 12-10 geseëvier! Puntemakers was GP du Preez, Tiaan Oelofse, Stefan Scholz, Juan du Plessis, Hendri Reynecke, Dries du Preez, WP Vermeulen, Tokkie de Beer, Ruan Basson en JP van Staden.

Hierdie pragtige leerders het nie net die beker gewen nie, maar ook boonop gehoor dat agt van hulle spelers gekies is om na Georgië te toer in Desember! Baie geluk aan: GP du Preez, Stefan Scholz, JP van Staden, WP Vermeulen, Ruan Basson (tande), Tokkie de Beer, Hendri Reynecke en Juan du Plessis.

Na die wedstryd het die manne na die hospital gery om spesiaal Ruan se medalje vir hom te oorhandig! Hulle afrigter, mnr James Marx is so baie trots op sy manne!

Ellisras se sport is tops en weet julle wat? RUGBY KRAAI KONING!

Vlnr James Marx (afrigter) Hendri Reynecke, Juan du PLessis, JP van Staden, Tokkie de Beer, GP du Preez, Stefan Scholz, WP Vermeulen en Ruan Basson afwesig

Rugby Sewes te Tom Naude

Saterdag 8 September was die Rassies weer wild doenig op die rugbyveld te Tom Naude in Polokwane! ‘n Senior en Junior Sewesspan het gaan deelneem en dit baie geniet. Die Seniors wen die skild nadat hulle Heuwelkruin wen met 28-21 en die Juniors wen 41-0 teen Hans Strydom.

Virseker beker finaal

Die Virseker beker finaal was presies die 50ste wedstryd wat die seuns oor ‘n drie jaar tydperk gespeel het. Uit die 50 wedstryde wen hulle 44 vir ‘n wenpersentasie van 88%. In die 3 jaar tydperk verower hulle 2 Limpopo kampioenskappe, 1 Hansieweek troffee, en is twee keer die wenners van die gesogte Virseker beker. Ons spog ook met 4 provinsiale spelers die jaar: Janco Lotter, Elmo van Rooyen( altwee oud Bossies) en Tiaan Malan en Tokkie de Beer( Altwee oud Rassies.)

0/14 16 gespeel 16 gewen 0 verloor punte vir 591 punte teen 114
0/15 16 gespeel 13 gewen 3 verloor punte vir 472 punte teen 101
0/16 18 gespeel 15 gewen 3 verloor punte vir 495 punte teen 302
In totaal teken ons oor die 3 jaar 1558 punte aan en staan 517 af wat ons dan ‘n gemiddelde wedstryd telling gee van 31 - 10

Grootste oorwinning: Gerrit Maritz 2017 – 100-0
Grootste nederlaag: Ben Vorster 2018 - 5-50

Top 5 puntemakers oor die drie jaar:
Ruan Basson – 422
JP van Staden – 205
Janco Lotter - 205
Tokkie de Beer - 194
Thinus vd Westhuizen - 75

sports

Rassie Sportdag teen Merensky

Saterdag 14 April het Hoërskool Merensky (van Tzaneen) hulle rieme styf geloop met rugby op Hoërskool Ellisras se velde tydens ‘n sportdag. Die gees was gelaai en die Ellisrassers is getrakteer op spel uit die boonste rakke. Dit was van die begin af duidelik dat elke Rassiespeler sy beste voet voorsit tot die eindfluit blaas.

Die Rassies se eerste rugbyspan oorweldig Hoërskool Merensky met ‘n telling van 36 – 17! Die toeskouers het vasgenael bly sit tot die laaste minuut! Die Rassies se tweedes wen 24-13, 0/16 wen in ‘n spannende wedstryd met 30-24 en 0/15 wen ook in ‘n naelbytstryd met 18-12.

Die Rassies se netbal het gemengde welslae behaal met 0/15 wat wen 20-16, 0/14A 15-7 en 0/14b 21-6. Die tweedes het amper gewen met ;n telling van 8-13.

Hoërskool Ellisras speel kookwater

Hoërskool Ellisras speel kookwater rugby (soos altyd)! Die 0/16 span het Saterdag op Potties vir Potties kafgedraf met ‘n telling van 31-22 om deur te dring na die Limpopo finaal teen Merensky 21 Julie op Polokwane. Die /15 span het direk deurgedring na die finaal nadat hulle onoorwonne was sover. Hulle speel teen Piet Potgieter in die Limpopo finaal.

28 Julie speel die 0/15, 0/16 en die eerste span in die eerste rondte van die VIrsekerbeker (ou Beeld trofee). Teen wie hulle speel en waar sal nog bepaal word nadat uitspele in ander provinsies plaasgevind het.

Hierdie spelers is toegewyd aan hulle sport (en akademie!) en oefen nog elke dag die go uit! Mens kan hulle net met verwondering aterna staar siende hulle alles so bolwerk.

Limpopo Rugby Kleure

Hoërskool Ellisras speel kookwater rugby (soos altyd)! Die 0/16 span het Saterdag op Potties vir Potties kafgedraf met ‘n telling van 31-22 om deur te dring na die Limpopo finaal teen Merensky 21 Julie op Polokwane. Die /15 span het direk deurgedring na die finaal nadat hulle onoorwonne was sover. Hulle speel teen Piet Potgieter in die Limpopo finaal.

28 Julie speel die 0/15, 0/16 en die eerste span in die eerste rondte van die VIrsekerbeker (ou Beeld trofee). Teen wie hulle speel en waar sal nog bepaal word nadat uitspele in ander provinsies plaasgevind het.

Hierdie spelers is toegewyd aan hulle sport (en akademie!) en oefen nog elke dag die go uit! Mens kan hulle net met verwondering aterna staar siende hulle alles so bolwerk.

sports

Vlnr: Janco Lotter, Tiaan Malan, Gerrie Blom, Tokkie de Beer en Elmo van Rooyen. Saam met hulle is die trotse hoof, mnr Adriaan Joubert in die spliternuwe gym!

Limpopo Rugby Kleure

Hoërskool Ellisras is so baie trots op 7 spelers wat gekies is vir ‘n sewes rugbyspan wat oorsee toer na Dallas Texas 25 Junie tot 4 Julie. Die keurders het spelers geidentifiseer tydens die Hansieweek en daarna genooi vir proewe by twee verdere geleenthede gespeel in Pretoria op Toutrekpark. Een span word die Goue Span genoem word is Hannes Pretorius, Steyn van Staden, Brent Oberholzer en Xander du Plessis wat dit gemaak het. Die Silwerspan lede is Marko de Beer, Enrico Gouws en Jaco Strauss.

Dit bewys net weer eens ons leerders wat ver van alles bly hier in die bos het goue geleenthede vir die een wat wil en die talent beoefen.

sports

Brent Oberholzer, Marko de Beer, Xander du Plessis, Steyn van Staden, Jaco Strauss en Enrico Gouws. Afwesig is Hannes Pretorius.