VRL 2017

Dit wat ek en jy vandag is en die dinge wat ons al bereik het in ons lewe, is absoluut seëninge en genade van ons liewe Vader. Sonder Hom sal dinge nie moontlik wees nie.

 

My boodskap aan Hoërskool Ellisras is dat elke onderwyser en leerder elke uitdaging en besluit met goeie oordeelsvermoë sal hanteer. Wanneer dit onmoontlik lyk, tyd te gebruik en die Here vir hulp vra. Wees dapper en tree met integriteit op. Pak jou take met passie en energie aan om sodoende 'n positiewe verskil te maak.

 

By EHS word dinge deeglik gedoen en dit verg baie harde werk en beplanning. Die skool is betrokke en ondersteunend.

 

Of dit jou eerste of laaste jaar in Ellisras is, moet nooit ophou droom oor wat jy wil bereik nie. Wees 'n dromer... droom groot! Want wat ek in lewe geleer het is dat: Wanneer jou drome jou nie bang maak nie is jou droom nie n droom nie. Geniet elke oomblik van sekonde as 'n Rassie, neem deel en maak kosbare herinneringe.

        Boodskap van hoofleiers

Rassieraad

© Copyright 2017 EHS | All Rights Reserved

Designed by