Hoerskool Ellisras
Groentjies

Assies word Rassies

Die Gr8’s en Rassie Raad van 2020 het vir groot vermaak gesorg tydens vanjaar se Assie konsert. Daar is vir weke aaneen geoefen om die konsert op die planke te bring.

The scene was set in a hospital theatre where every school that tries to take on Rassie gets injured.

Elke teenstaander wat probeer het, het gesneuwel. Warmbad, Ben Viljoen, Frikkie Meyer en Nylstroom is almal met beserings gelaat, terwyl Rassie telkens as onoorwonne uit die stryd tree.

The talented dancers provided a packed audience with endless entertainment. Not even to mention when the grade 8’s sang the Assie song and School Anthem with great pride.

Die konsert is afgesluit met die groentjie onderwysers wat hul gees gewys het op treffers soos Wys jou Vleis en Sonbrilletjies.

Ons glo dat die groentjiekonsert ‘n voorspelling is van die resultate tydens Interhoër en dat die Rassies die wentitel sal behou!

Groentjiekonsert Groentjiekonsert Groentjiekonsert Groentjiekonsert

EHS sets new tradition

Vrydag, 7 Februarie was voorwaar ‘n geskiedkundige gebeurtenis by Hoërskool Ellisras. Nie net is ‘n in-klok seremonie gehou om die gr8’s as ware Rassies te verwelkom nie, maar die nuwe vooraansig wat deur die matriekgroep van 2019 geborg is, is ook ingehuldig.

Every grade 8 learner, dressed in their Rassie attire, had the opportunity to walk through the front gate and ring the bell as symbol of now being part of the Rassies after an excellent concert the previous evening.

EHS is dankbaar vir ouers wat die pragtige tradisie kon bywoon en sien uit om die pad saam die leerlinge te stap.


Groentjiekonsert 2019

Dinsdagmiddag 4 Februarie en Woensdagaand 5 Februarie het Hoërskool Ellisras se gr 8 leerders Groentjieskonsert gehou. Hierna mag hulle Rassie skooldrag aantrek, want die Assies het Rassies geword.

Die konsert is geskryf deur Roelien van Vuuren, gr 12 Rassie. Dit handel oor gr 8 leerders wat met ‘n siekte gediagnoseer word en op ‘n kamp moet gaan om genees te word van Assie tot Rassie. Soos altyd geniet die leerders hulself gate uit! Mens kan sommer sien wie vir die verhoog gemaak is!

Hoërskool Ellisras het baie talentvolle leerders!

Groentjieskonsert

Groentjiekonsert 2018

Hoërskool Ellisras se skoolsaal was verlede week stampvol gepak met mense wat gaan kyk het na die Nuwelingekonsert (graad 8’s), geskryf deur Marnique Gadda, bygestaan deur Lara van Vuuren.

Die hoofkarakters was Karabo Rabodiba, die ma van ’n tweeling, Bertha (Denika Rossouw) en Bertus (Robbie de Klerk). Danielle (Shanè Greef) is Bertha se vriendin. Die rissiepit van die verhaal, Nita, is vertolk deur Nicole Nel. Dawid is vertolk deur Reinhardt Pretorius wat dit in die konsert duidelik maak dat hy twee meisies wil hê, want twee tjoklits is beter as een. Die karaktervertolking was uitstekend.

Volgens een van die organiseerders is ‘n “Groentjiekonsert”, of soos dit vandag genoem word, ʼn “Nuwelingekonsert”, veronderstel om chaoties te wees omdat daar so kort tyd afgestaan word aan die voorbereiding, maar sy was verstom oor die eindproduk wat op die planke gebring is.

Sy sê ook die gehoor was wonderlik en ván hulle het luidkeels saamgesing en vir al die grappies gelag.

Erik van der Walt, kultuurvoorsitter, het na afloop van die vertoning die ouers bedank vir hulle geduld met die oefening vir die konsert sowel as die Rassieraad wat elke middag na skool moes bly om saam met hulle groepe te oefen.

Erik het die “Assies” wat intussen “Rassies” geword het, bedank vir hulle entoesiasme en wonderlike gees waarmee hulle deel geword het van hulle nuwe skool.

Groentjieskonsert
Groentjieskonsert