Hoerskool Ellisras

NOVEMBER 2020 EXAM SCOPE

JONGSTE NUUS

"The flower of our Waterberg". EHS is the school where you can flourish in performance and pround tradition, a school where you can grow to adulthood with integrity and discover your full potential.

"Die blom van ons WaterbergLand". EHS die skool waar jy kan blom in prestasie en trotse tradisie, 'n skool waar jy kan groei tot volwassenheid met integritiet en jou volle potensiaal kan ontdek.

E-klaskamer / E-classroom
E-classroom
E-classroom
E-classroom
E-classroom
E-classroom
Agape Agape

" God het jou besonders pragtig gemaak, dis meer werd as enige aantal "likes" wat jy op jou facebook profiel foto kry "

"Humility is not to think less of yourself, it's thinking of yourself less."

RASSIE-SWEMMERS PRESTEER OP PROVINSIALE VLAK!

The following swimmers participated at the Limpopo age group 1 Gala in Bela Bela.
Hoërskool Ellisras would like to congratulate these learners on their achievements.

Elani Neethling:
50 Back - 3rd place
200 IM - 3rd place
50 Breast - 4th place
100 Free - 4th place
500 Free - 3rd place

Calvin Dias: 200 IM - 5th place
100 Free - 5th place
100 Back - 4th place
200 Free - 5th place

Calista Mackenzie: 50 Fly - 2nd place
50 Breast - 3rd place
100 Free - 5th place
100 Fly - 2nd place
50 Free - 3rd place
100 Breast - 4th place

Nicolas Louw: 50 Fly - 1st place
100 Free - 1st place
100 Fly - 1st place
50 Free - 1st place
200 Free - 1st place
# Nicolas swem ook reeds op Suid-Afrikaanse vlak 3 kwalifiserende tye.

Liza Jv Vuuren 100 Free - 4th place
100 Fly - 2nd place
100 Back - 4th place

Swimmers

RASSIE PERSONEEL EN -LEERLINGE NEEM DEEL AAN FIETSWEDREN!

Mnr en Mev Marx, Rassies se eie sportkundiges, het die afgelope naweek saam van die eerstespan rugbyseuns 'n fietswedren gaan aanpak. Die seuns het gespog met hul rugbytruie vir 2020 wat hul weens Covid 19 nooit die geleentheid gekry het om te dra nie.
#rassiesisdiebeste

rugbyseuns rugbyseuns

ONDERWYSERSDAG 2020!

5 Oktober is Internasionale Onderwysersdag. Rassie-onnies is ware helde en vandaar die Superman en -woman tema.
Teachers were spoiled with a badge, fruit salad and smoothies to celebrate this special day.
Dit is veral in 2020 waar die personeel van Hoërskool Ellisras hul staal gewys het en bo die omstandighede uitgestyg het.
#rassieonnies #beterasdiebeste

Onderwysersdag Onderwysersdag

DIE LEGENDARIESE MEVROU RINA COETZEE IS TERUG

Na 15 maande, 'n pad van borskanker en eindelik remissie, is Mev Coetzee opgewonde om weer haar plek in die Geografie vakgebied vol te staan.

Mev Coetzee is bekend vir haar jare-lange prestasies, wat onder andere 'n 100% slaagsyfer vir vyf agtereenvolgende jare insluit. Mrs Coetzee was also awarded with the prize of best Educator in the Ellisras district for five consecutive years.

She is known to be strict in her classroom, but also builds relationships with learners.

Mev Rina Coetzee het veral haar kollegas, wat haar gedurende die tyd gedra het, gemis. Dis vir haar 'n groot voorreg om terug te wees. Haar raad aan elke Rassie is: "More is aan niemand belowe nie. Leef elke dag voluit!"

Coetzee

RASSIES HET GEES!

Nelson Mandela said: "Our rich and varied cultural heritage has a profound power to help build our nation." In die lig van Erfenisdag het die Rassie-onnies en -leerlinge gees gewys deur 'n hooftooisel wat hul erfenis uitbeeld aan te sit. Our overall African heritage also featured as we supported World Rhino Day at the same time.
Dit is beslis 'n fees om 'n Rassie te wees!
#besteonnies #besterassie

EHS CELEBRATES WORLD RHINO DAY!

Hoërskool Ellisras het op 22 en 23 September Wêreld Renoster-dag gevier en 'n muntlegging gehou ten bate van rensoters. Renosters lê die Rassies na aan die hart, veral met ons eie Rhino in die skool.
A big thank you to all learners who took part in this Rassie-Raad initiative.

EHS SPORTAKADEMIE!

Word deel van GROOT dinge! Become part of BIG things! Voltooi die volgende vraelys indien jy belangstel: Complete the following questionnaire if you are interested:
FormEHS Sportakademe

DIE BESTE AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALONDERWYSER IN DIE WATERBERG DISTRIK IS TOG 'N RASSIE!

Mev. Adri Gerber, wat in 2020 gekroon is as die beste Afrikaans Eerste Addisionele Taalonderwyser in die Waterberg distrik, is 'n Rassie van formaat. Mev Gerber hou al vir 25 jaar skool, waarvan 13 daarvan by die Rassies is, en was ook vir 11 jaar nasiener en senior nasiener.

Mrs Gerber can also boast with a 100% Gr12 pass rate from 2009-2019. Not to mention the distinctions achieved each year.

Mev Gerber glo in goeie verhoudings met haar leerders en onderskei tussen 'n tyd vir grappies en 'n tyd vir ernstig werk.

Mrs Gerber Mrs Gerber Mrs Gerber

HOËRSKOOL ELLISRAS OPEN SPORTAKADEMIE!

EHS is baie trots om die nuwe Sportakademie aan u bekend te stel. Die Sportakademie staan ten doel om groter sukses in sport te bewerkstellig, beplanning en samewerking onder afrigters te verbeter en ook om 'n sisteem te ontwikkel wat prestasie van kinders en sport as geheel in die gemeenskap bevorder.
Vir meer inligting skakel Mnr James Marx by James@rassies.com

Sportakademie

SPORTAKADEMIE
KRIEKET: HOOF

Afrigter Afrigter Afrigter

Mnr C.J van der Merwe staan aan die stuur van krieket by Rassies se nuwe Sportakademie en sien uit daarna om met die Bosveld-talent te werk, en sy passie vir krieket met EHS te deel.

Mnr van der Merwe, wat reeds op provinsiale vlak afgerig het, wil leerders tot hul volle potensiaal sien ontwikkel en 'n liefde vir die sport kweek.

Hoërskool Ellisras is saam met hom opgewonde oor die seisoen wat voorlê!

#rassieskrieket #rassiesisdiebeste

MNR JAMES MARX IS STEEDS BETER AS DIE BESTE!

Afrigter Afrigter Afrigter

Mnr James Marx, Sportkoördineerder en Biokinetikus by Hoërskool Ellisras, se lys van persoonlike ontwikkeling en prestasies is iets om mee rekening te hou. EHS is trots om hom in ons midde te hê en verder dop te hou hoe hy daagliks 'n verskil in Rassies se sportloopbane maak.

Mr Marx is the head of strength and conditioning, first team 15’s rugby back line coach, head of Sevens Rugby and senior team, as well as the head coach of the Provincial 7’s team (Limpopo 0/17 term 20/21).

EHS se Sportakademie is 'n nuwe avontuur waarna Mnr Marx en die Rassies baie uitsien!

#rassiessport #ehssportakademie

TOP AFRIGTER SLUIT AAN BY DIE RASSIES!

Afrigter Afrigter

Marna van der Merwe, professionele afrigter met verskeie goue medaljes by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe op haar kerfstok, is nou amptelik deel van Hoërskool Ellisras se sportakademie. Marna fokus veral op tegniek en kondisionering en sien uit na 'n wonderlike seisoen by die Rassies!

HOOFLEIERS 2021

Hoërskool Ellisras het vanoggend die hoofleiers vir 2021 met trots aangekondig en sien uit na 'n jaar waar die jong leiers die pas sal aangee.
Hoofseun / Head boy: Fred Pistorius
Hoofmeisie / Head girl: Clarissa Booysen
Komitee voorsitters / Committee chairpersons:
Anika van Rooyen
Amandré Lotter
Links Mashabela
Maynhard du Plessis (afwesig in die foto)

Harold R. McAlindon once said: "Do not follow where the path may lead. Go instead where there is no path and leave a trail."
We look forward to the trail these young leaders will leave.

RassieRaad  2021 RassieRaad  2021

EHS Thanked all professional administrative staff at the circuit office for their hard work and commitment

Circuit Office

RassieRaad 2021

RassieRaad  2021

Voor vlnr
Amogelang Ndebele, Riana Visser, Anika v Rooyen, Elwandi Botha, Tshegofatso Seleka, Rolene Skosan, Rolinda v Emmenis, Noko Magwai, Clarissa Booysen, Akona Masilela, Desirè Vermaak, Nicole Meyer, Amandrè Lötter, Ivanka Viviers.
Agter vlnr
Puthego Modise, Bryson Webb, Gerhard Möller, Fred Pistorius, Ruan Prinsloo, Jan du Plessis, Janco von Ronge, Gerhard Booysen, Ben Strauss, Kgabo Mahanyele, Estiaan Higgo, Links Mashabela, Maynhard du Plessis.
Afwesig: James Montshiwa.

RassieRaad  2021 RassieRaad  2021

LIFE AFTER COVID-19 / LEWE NA COVID-19

Mnr Marx en Mnr Besseling het Woensdag, 17 Junie, die voorreg gehad om 'n inligtingsessie by die Bloubul Akademie by te woon wat aangebied was deur die bekende oud-Springbokafrigter en huidige direkteur van rugby by die Bulle, Jake White. Rassie afrigters sien met groot opwagting uit na 'n wonderlike sport-, en veral rugby seisoen in 2021.

Mr Marx and Mr Besseling had the privilege to attend an information session on Wednesday, 17 June, at the Bulls Academy chaired by the renowned old Springbok coach and current Bulls director of rugby, Jake White. Rassie coaches are looking forward to a great sport, and especially rugby season in 2021.

Rugby

Nuwe Onnies

Personeel

Mej Nadia Kilian
Verbruikerstudies / Consumer Studies

Personeel

Mej Christine Husemeyer
Lewenswetenskap / Life Science, LO

Personeel

Mnr Louis vd Merwe
Lewenswetenskap/Life Science, Wisk., Geletterdheid/Maths Literacy

Personeel

Mnr Willem Truter
Wiskunde/Maths, Fisiese Wetenskap/Physical Science, Tegnologie/Technology

Personeel

Mnr Joubert Jankowitz
Eng HL, LO

Personeel

Mev Susan O’Reilly
English, Afrikaans

Personeel

Mnr Gerrie Blom
LO

Personeel

Mnr Dawie Grobbelaar
Tegnologie/Technology

Personeel

Mnr Ig Schutte
LO, Geografie/Geography

Interhoër wenners 2020

Inter High 2020

Euforie! Dit is die woord wat Hoërskool Ellisras beskryf toe hulle die 57ste Bosveld atletiek interhoër 2020 wen Saterdag 29 Februarie in Nylstroom!

Die eindtellings was SO na aan mekaar, maar Hoërskool Ellisras het loshande uitgestyg met ’n puntetotaal van 653. Hoërskool Piet Potgieter en Frikkie Meyer het gelykop tweede geëindig met 637, Ben Viljoen 633, Nylstroom 499, Hans Strijdom 490 en Warmbad 377. Die Rassies wen 31 goue medaljes, 27 silwer en 14 brons.

“Gold medals aren’t really made of gold. They’re made of sweat, determination and a very scarce alloy, called guts.“ Die volgende atlete wen 3 goue medaljes: Bianca Nel d o/19 100m 12.20s 845 ASA, 200m 25.50s 799 ASA en 400m 58.50s 762 ASA. Mushi Kamogelo b u/ 14 800m 2.14.70s 792 ASA, 1500m 4.33.80s 834 ASA and 3000m b u 17 9.54.70s 593 ASA.

Die volgende atlete wen twee goues: Ruben Vosloo s o/16 100m 10.90s 940 ASA en 200m 22.80s 936 ASA. Christi Kaiser d o/16 wen 200m 26.50s 795 ASA en 400m 1.00.10s 789 ASA. Mianke Kukard d 0/15 400m 1.07.40s 585 ASA en 800m 2.36.00s 610 ASA. Jan du Plessis s o/17 wen 400m 51.90s 790 ASA en 400m hekkies 56.80s 796 ASA. Samuel Mokono b u/15 800m 2.10.60s 799 ASA and 1500m 4.34.90s 738 ASA. Emelia Higgo d o/14 gewigsstoot 10.02m 693 ASA en diskus 28.01m 791 ASA. Nardo Craukamp s o/15 gewigstoot 12.38m 698 ASA en diskus 44.38m 855 ASA. Ann-Lee Engelbrecht d o/16 800m 2.29.70s 688 ASA en 1500m 05.34.63s 502 ASA.

Die volgende atlete bring elkeen ‘n goue huis toe: Tia Oakes g u/14 100m 12.80s 886 ASA, Tamia Oakes g u/14 200m 26.90s 865 ASA, Selby Montshiwa b u/ 19 400m 51.70s 709 ASA, Tsepang Dankuru b u/15 high jump 1.85m 1000 ASA! Reon Naude b u/14 javelin 48.96m 875 ASA. Jandri Venter d o/19 spiesgooi 34.37m 596 ASA.

Die volgende aflosse het ook gewen: d o/14, d o/16, d o/19. Die Rassies dogters behaal die hoogste punte vir aflosse, Ben Viljoen is tweede, derde is Piet Potgieter en vierde is Hans Strijdom en Frikkie Meyer.

Wat die seuns / dogters totale aanbetref is Hoërskool Ellisras se seunstotaal die hoogste met 333. Die dogterstotaal word deur Ben Viljoen gewen met 338 en Ellisras tweede met 320 en Piet Pot derde met 313.

Een ding staan soos ‘n paal bo water. Elke atleet het 110% gegee. Daar waar atlete beseer geraak het, het reserwes ingespring en hulle beste gegee vir deelname. Hierdie wen is verseker ‘n spanpoging.

Wat die wen so besonders gemaak het, is die Rassie-gees! Dit was kookwater. Die aankondiging van die wenskole aan die einde van die dag was nie vir swakhartiges nie. Die aankondiger het by die sewende plek begin tot die drie laaste skole oorgebly het. Frikkie Meyer, Piet Potgieter en Ellisras. Die Frikkies en Potties was verslae toe hulle hoor hulle deel die tweede plek en toe gaan die Rassies beserk. Om WEER die wenners te wees van hierdie gesogte kompetisie is byna onwerklik.

Hoërskool Ellisras bedank al die ouers wat kilometers agter hulle kinders aangery het vir menige byeenkomste, baie dankie aan al die afrigters wat elke atleet soos ‘n eie kind behandel het! Dankie baie dankie aan die onderwysers wat skool weer eerste gestel het! Baie dankie aan al die instansies wat die dorp se trots sterkte toegewens het met die inter!

Hoërskool Ellisras is ontsettend dank verskuldig aan die Hemelse Vader vir groot seëninge!

EHS Spinathon en Gholf Dag 2020

EHS Entrepreneursdag en Brendan Peyper

Hoërskool Ellisras is baie trots op hulle eerste Entrepreneursdag wat Donderdag 30 Januarie op hoë noot afgeskop het. Me. Sorien Pretorius en leerders het stalletjies gereël wat groot verskeidenheid produkte verkoop het. Tiaan Malan en Janco Lotter se pizzas het groot aftrek gekry omdat dit deur baie aantreklike spiertiere verkoop is! Later die aand het Brendan Peyper ’n vertoning gegee uit die boonste rakke! Sy vriendelikheid en bedagsaamheid was opmerklik dwarsdeur die fotosessies met almal wat saam met hom afgeneem wou word. ’n Graad 9 leerder was so beïndruk met sy foto saam met die bekende sanger dat hy uitgejubel het: “Nou is ek ook famous!” Om saam met jou held afgeneem te word in lewende lywe hier doer vêr in die Bosveld is ’n rariteit! Die gehoor het veral geniet dat Brendan oor homself en sy kinderjare gedeel het. En sy gewildste liedjies volgens ‘n hele paar leerders: “Twee is beter as een” en “Jy laat dit maklik lyk”. Brendan, jou ondersteunersbasis het beslis met rasse skrede toegeneem!

Mag daar nog vele sulke geleenthede wees!

EHS Waterberg Prysuitdeling

Hoërskool Ellisras het skoonskip gemaak met bekers, sertifikate en posisies tydens Vrydag 17 Januarie se Waterberg Prysuitdeling te Aventura Bela Bela. Hoërskool Ellisras is die heel beste akademiese skool in die distrik met ‘n slaagsyfer van 99.2! Die Rassies het ook die hoogste persentasie Bachelors (Universiteitsvrystelling) in die Waterberg Distrik met 72.95%.

Sarette le Roux is die beste Fisiese Wetenskap onderwyser in die distrik met 6 onderskeidings en 100% slaagsyfer. Adri Gerber is die beste Afrikaans Eerste Addisionele Taalonderwyser met drie onderskeidings en 100% slaagsyfer. Drie leerders word vereer as die beste in hulle vakke in die Waterbergdistrik: Gopolang Mokgotu is best learner in CAT, Pabalelo Makgamatha best learner in Visual Arts and Annerijke Diplock in Consumer Studies.

Die Hoof, Mnr Adriaan Joubert swel van trots. Die volgende vakke het 100% slaagsyfer: Afrikaans Huistaal, English First Addisional Language, English Home Language, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Sepedi Home Language, Mathematics, Maths Literacy, Life Orientation, Fisiese Wetenskap, Tegniese Wetenskap, Verbruiker Studie, Visuele Kuns, Accounting, IT, CAT, Ingenieur Grafieke en Ontwerp, Elektriese Tegnologie, Siviele Ingenieurswese, Gevorderde Program Wiskunde.

Die Rassies het met groot fanfare 2020 aangepak en mik DV as ons lee fen gesond is, vir 100% slaagsyfer!

Workshop
Wessels, Adri Gerber, Sarette le Roux en die Hoof, Mnr Adriaan Joubert. Daar was so baie bekers dat Lawrence Johnson en Jevan Human ook hand bygesit het!

EHS RESULTS

Mrs HP Mabotja, Limpopo Department Education Ellisras Circuit Manager, visited Hoërskool Ellisras on Wednesday 15 January being overjoyed with the school’s matric results with a pass rate of 99.2%. She was extremely impressed with the school being the best in the Waterberg District and motivated the learners to work diligently! She requested the matrics of 2020 to go the extra mile for a 100% pass rate! The roots of education are bitter, but the fruit is sweet! (Aristotle).

Workshop

Komitee Voorsitters en Hoofleiers

Maandag 16 September is Hoërskool Ellisras se Komitee Voorsitters en Hoofleiers aangekondig onder luide toejuiging van die leerders.

JP van Staden is Voorsitter van die Sosiale Komitee, Annika de Klerk Kultuur, Tiaan Malan Sport, Anzelle Vermaak Bemarking, Murangi Sithari Akademie en Janco Lotter Dissipline.

The head boy and girl are JP van Staden and Murangi Sithari. Hoërskool Ellisras is extremely proud of an extremely, capable leadership corpse seeing that these learner take part in almost all different activities offered by the school and are hence excellent examples to the learners of our school. May you be equipped with strength and wisdom to generate a glorious year!

Workshop

Rassieraad 2020

RASSIERAAD 2020 – DOGTERS

Anika De Klerk, Leandri Heyneke, Kayla Joseph, Motlatjo Kwata, Murangi Masikhwa, Miriam Metlae, Khomotso Modimola, Mosa Moshokoa, Bianca Nel, Ina-Mari Roos, Murangi Sithari, Bianca Smith, Jandri Venter &Anzelle Vermaak.

RASSIERAAD 2020 – SEUNS

Ruan Basson, Tokkie De Beer, Nelius Grieshaber, Lawrence Johnson, Tebatso Lekaka, JancoLӧtter, Elias Makgae, Tiaan Malan, Petrus Matlogo, Lethabo Mawila, Kyle McDonald, Enzo Mynhardt, Dries Van Heerden, & JP Van Staden.

Workshop